Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Rustenburg skuld Eskom ‘baie meer as R100 m.’

Die Rustenburg-munisipaliteit het ’n dispuut met Eskom verklaar omdat Eskom sê die munisipaliteit skuld hom “baie meer as R100 miljoen”.

David Magae, Rustenburg se munisipale woordvoerder, sê in die lig van dié dispuut lieg die DA dat die munisipaliteit Eskom R260 miljoen skuld en nie sy maandelikse rekeninge kan betaal nie.

“Ons het ’n goeie kredietrekord. Die DA wil die verantwoordelike manier waarop die munisipaliteit geldsake hanteer, diskrediteer.”

Magae kon nie sê of die munisipaliteit Eskom nog geld skuld benewens die meer as R100 miljoen vir een substasie nie. “Ek kan wel sê ons loop geen gevaar dat kragtoevoer afgesny gaan word nie en ons betaal ons Eskom-rekening elke maand.”

Ons het ’n goeie kredietrekord. Die DA wil die verantwoordelike manier waarop die munisipaliteit geldsake hanteer, diskrediteer.

Luidens ’n dokument van Eskom het die munisipaliteit hom op 12 Oktober R260 miljoen geskuld, waarvan sowat R103 miljoen agterstallig was. Die huidige Eskom-rekening was toe sowat R157 miljoen. Die munisipaliteit het op

4 Oktober R218,8 miljoen aan Eskom betaal.

Magae sê die dispuut oor die bedrag van R100 miljoen gaan oor die rekening vir die Waterkloof-substasie wat in 2016 in werking gestel moes word, maar eers in Junie 2018 gebruik is. “Die dispuut hieroor by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) is nog nie afgehandel nie, dus is die DA se bewerings nie op feite of enige bewyse gegrond nie.”

Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, het in reaksie op Magae se beskuldigings verwys na Eskom se dokument.

“Ons neem kennis van die dispuut wat verklaar is, maar die waarheid is dat die ANC verantwoordelik is vir miljoene rand se skuld wat opgebou het.

Ons neem kennis van die dispuut wat verklaar is, maar die waarheid is dat die ANC verantwoordelik is vir miljoene rand se skuld wat opgebou het.

“Korrupsie, mislukte regering, swak beplanning met geldsake en ’n kultuur van wanbestuur op alle vlakke van die regering onder die ANC beroof mense van ekonomiese geleenthede en basiese dienslewering, en dit vererger armoede.”

’n Woordvoerder van Eskom wou nie Vrydag sê hoeveel geld die Rustenburg-munisipaliteit hulle skuld nie. “Die munisipaliteit moet die bedrag gee. Ons wag op die uitkoms van die dispuut voordat enige moontlike optrede teen die munisipaliteit oorweeg kan word.”

Meer oor:  Munisipaliteit  |  Skuld  |  Rustenburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.