Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
SAKP, ANC slaags oor munisipale bestuurder

Die Metsimaholo-munisipaliteit in die Noord-Vrystaat is pas weer in ’n bestuurskrisis gedompel nadat die regerende SAKP-ANC-koalisie nie kon ooreenstem oor die skorsing van die munisipale bestuurder nie.

Arnoldi du Plooy, ’n DA-raadslid, sê Steven Molala is as voorkomende maatreël geskors omdat hy geld wat deur die tesourie se egalisasiefonds aan die munisipaliteit toegeken is, nie binne die voorgeskrewe tydperk bestee het nie. Dit het daartoe gelei dat die munisipaliteit, met Sasolburg, Deneysville en Oranjeville as hoofdorpe, se geldelike toekenning met R8,7 miljoen verminder is.

Arnoldi du Plooy

Molala het ook drie kontrakte op ’n maandelikse grondslag verleng sonder dat hy magtiging gehad het om dit te doen.

Die SAKP het saam met die opposisiepartye, die DA, EFF en VF Plus, gestem dat Molala geskors moet word.

Die ANC het egter geweier om die vergadering oor Molala se skorsing by te woon, maar daar was genoeg raadslede teenwoordig om ’n kworum te vorm en sy skorsing is goedgekeur.

Du Plooy sê hy is geskors omdat hy moontlik met die ondersoek teen hom kan inmeng, maar hy sal sy volle salaris ontvang, hangende die ondersoek.

Die ondersoek teen Molala moet binne drie maande afgehandel word.

Die Metsimaholo-raad is verlede jaar deur die provinsiale regering ontbind nadat die begroting nie goedgekeur kon word nie omdat geen party in die raad ’n groot genoeg meerderheid gehad het nie.

In November is ’n tussenverkiesing uitgeroep en die SAKP het die eerste keer kandidate teen die ANC gestel. Die SAKP het drie setels verower en die huidige burgemeester, Lindiwe Tshongwe, is ’n SAKP-raadslid.

Die SAKP, ANC en ’n koalisie van kleiner gemeenskapspartye regeer die munisipaliteit.

Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, het Dinsdag gesê die ANC en SAKP leer as alliansievennote uit hul foute en maak aanpassings waar hulle kan.

Dit kom nadat die SAKP se adjunksekretaris, Solly Mapaila, die naweek gesê het die SAKP kan dalk ’n nuwe populêre front stig om aan volgende jaar se algemene verkiesing deel te neem as die alliansie nie kan ooreenkom op ’n nuwe werkswyse nie.

Meer oor:  Politiek  |  Munisipale Bestuurder  |  Sakp  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.