Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Salga-aanbod van verhoging van R233 beledig werkers’
Dumisane Magagula, adjunksekretaris-generaal van Samwu. Foto: Facebook

Die aanbod van ’n salarisstyging van R233 aan munisipale werkers is soos om in die gesig van werkers te spoeg wat die land deur die Covid-19-pandemie gedra het.

Hulle het te midde van die risiko om self siek te word, voortgegaan om te verseker dat gehalte-dienste nie onderbreek word nie.

So het die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) op vandeesweek se onderhandelinge oor die salaris-en-loonverhogings vir munisipale werkers in die Suid-Afrikaanse Bedingingsraad vir Plaaslike Regerings (SALGBC) gereageer.

Vakbonde, ander werknemersverteenwoordigers en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) het vergader oor die salarisse en lone vir werkers wat onder die beskerming van die SALGBC val.

Dit het gevolg op die vergadering in Februarie waarop vakbonde formeel hul eise aan die bedingingsraad gestel het.

Dumisane Magagula, adjunksekretaris-generaal van Samwu, sê in ’n nuusverklaring Salga het nou finaal op die eise van die werkers gereageer en ’n “verstommende lae aanbod” aan werkers gemaak.

Hy het gesê Salga bied ’n R233-verhoging aan en stel voor dat bydraes vir die mediese fonds, bystandsvergoeding, selfoon- en behuisingstoelaes vir die komende drie jaar bevries word.

Magagula het gesê die aanbod is ’n belediging vir die werkers. Samwu se oorwoë mening is dat die hoë voorkoms van werkloosheid rede genoeg is om aan die werkers se eise gehoor te gee, omdat elke werker gemiddeld vier tot sewe afhanklikes onderhou.

Hy het gesê ’n verdere bewys daarvan dat Salga nie belangstel in die welstand van die munisipale werkers nie, is dat die liggaam munisipaliteite aangemoedig het om heffings en erfbelasting bo die inflasiekoers te verhoog.

“Hy vergeet dat dit dieselfde werkers is wat hy net ’n R233-verhoging aanbied wat dit sal moet betaal.”

Salga vergeet dat dit sy lede is wat verantwoordelik is vir die roof en diefstal wat by munisipaliteite plaasvind.

’n Man met 'n Samwu-vlag tydens vorige salarisonderhandelings. Foto: Argief

“Die ouditeur-generaal (OG) het jaar ná jaar sy kommer uitgespreek omdat die munisipaliteite voortgaan met onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes en dit straffeloos bly.

“Korrupsie is aan die orde van die dag, spesifiek waar wat tenders betref.”

Hy het hy gesê die eise wat vakbonde stel, sal die werkgewer jaarliks net R9 miljard meer kos.

Daarom bly Samwu se eise dieselfde as vroeër vanjaar:

* ’n Enkele jaar se salaris-en-loonooreenkoms

* ’n R4 000-salarisverhoging vir alle werkers onder die beskerming van die SALGBC.

* ’n Sektorale minimum loon van R15 000.

* ’n behuisingstoelaag van R3 500 vir alle werkers.

* ’n 80%-werkgewersbydrae tot mediese fondse met ’n 20%-werknemerbydrae.

* ’n 25%-werkgewersbydrae tot pensioene.

* Ses maande se volbetaalde kraamverlof vir ma’s en ’n maand vir pa’s.

Meer oor:  Salarisverhogings  |  Samwu  |  Salga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.