Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sege vir inwoners van Ngwathe oor rekeninge

Die VF Plus het ’n oorwinning namens die gemeenskap van die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat (wat Parys, Heilbron, Vredefort, Edenville en Koppies insluit) behaal, sê Phillip van der Merwe, VF Plus-raadslid van die munisipaliteit.

Van der Merwe sê in ’n mediaverklaring die openbare beskermer (OB) se kantoor in Bloemfontein het ten gunste van die inwoners in ’n dispuut rakende enorme munisipale rekeninge beslis, en die munisipaliteit moet nou die skuld op dié foutiewe rekeninge afskryf.

Bruce Kannemeyer, munisipale bestuurder van die Ngwathe-munisipaliteit. Foto: Times Live

Die VF Plus het adv. Erica Cilliers van die OB se kantoor in Bloemfontein versoek om ondersoek in te stel na foutiewe rekeninge wat derduisende rande beloop, deels weens versuim om die meters gereeld en korrek te lees, en deels weens foutiewe berekeninge deur die munisipaliteit.

Sommige inwoners het rekeninge ontvang wat onderskeidelik R116 066 (vir elektrisiteitsverbruik), R57 994 (vir waterverbruik) en R29 506 (ook vir elektrisiteitsverbruik) beloop het.

Die OB se beslissing volg op die VF Plus se uitwysing van die ooglopende foute op die rekeninge wat nie deur die finansiële hoof van Ngwathe gekorrigeer is nie.

Die munisipaliteit het die rekeninge uitgereik ondanks ’n raadsbesluit in Junie 2016 dat alle skuld vir munisipale dienstegeld wat meer as drie jaar agterstallig is, afgeskryf moet word.

Die afskryf hiervan is of glad nie gedoen nie, of nie korrek op die rekeninge aangedui nie.

Die VF Plus het die foutiewe rekeninge na die OB se kantoor verwys, wat in haar ondersoek bevind en bevestig het dat die munisipaliteit nalatig was met die uitreiking van die rekeninge. Die lesings vir water- en elektrisiteitsverbruik is geruime tyd nie gedoen nie.

Ons is bevrees hier is min rekeninge in Ngwathe wat korrek is, omdat almal, veral dié vir water, die heeltyd geskat word.
Phillip van der Merwe

Sy het verder bevind dat die agterstallige skuld in sommige gevalle die verantwoordelikheid is van die departement van openbare werke waarby inwoners die huise gehuur het.

Die OB se kantoor het bevind en aanbeveel dat die betrokke inwoners se agterstallige skuld afgeskryf moet word.

“Swak finansiële bestuur en onbevoegde amptenare is grootliks verantwoordelik vir enige verliese wat die munisipaliteit nou gaan ly. Die swak bestuur wat die munisipaliteit in ’n finansiële krisis laat beland het, kan nie meer toegelaat word nie,” sê Van der Merwe.

Die OB se bevindings is ’n oorwinning vir verbruikers en die inwoners van Ngwathe, maar terselfdertyd verdoemend vir die ANC-geleide munisipaliteit en amptenare wat nie hul verpligtinge teenoor die inwoners nakom nie.

Van der Merwe sê by navraag dit is drie rekeninge waaroor Cilliers beslis het, maar ’n vierde foutiewe rekening is ook reeds aan haar gestuur. “Ons is bevrees hier is min rekeninge in Ngwathe wat korrek is, omdat almal, veral dié vir water, die heeltyd geskat word.”

* Bruce Kannemeyer, munisipale bestuurder van die Ngwathe-munisipaliteit, is twee keer om kommentaar genader, maar hy het nog nie reageer nie.

Meer oor:  Skuld  |  Vf-Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.