Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sinkgat in Centurion gedeeltelik herstel

Die herstelproses van die berugte en reuse-sinkgat in Centurion was “rof” vir die Tshwane-metroraad.

“Toe die ding begin het, is daar nie daarvoor begroot nie. Dit het ons ongeveer R25 miljoen gekos,” het Solly Msimanga, die burgemeester, Vrydag gesê nadat die eerste fase van die herstelwerk op die kruising van Jeanlaan en Gerhardstraat voltooi en ’n gedeelte van die pad heropen is.

Die sinkgat het tot groot ontwrigtings gelei sedert dit op 18 Mei verlede jaar ontstaan het.

Die metroraad het gesê dit lei tot groot ontwrigtings vir sakebedrywighede en verkeersvloei in die omgewing, en het onderneem om die eerste fase teen einde Augustus klaar te hê.

Padversperrings is Vrydag op die hoek van Gerhardstraat en Jeanlaan in Centurion verwyder nadat fase een van die herstelwerk aan ’n reuse-sinkgat voltooi is. Foto: Deaan Vivier

Teen Vrydag kon Gerhardstraat gedeeltelik oopgestel word vir verkeer wat van noord en suid oos in Jeanlaan wil draai.

Die westelike rigting uit Gerhardstraat is egter steeds gesluit vir die tweede fase van die herstelwerk.

Msimanga het tydens die heropening van die pad gesê die res van die roete behoort binne ’n “maand of twee” oop te wees vir padgebruikers.

“Dit het ons ’n les geleer om meer proaktief te wees en die grond waarop Centurion gebou is te assesseer. Centurion se grond is dolomiet, so ons gaan nou ’n stelsel daarstel om te bepaal waar waarskynlike plekke is vir sinkgate en hoe om dit te verhoed.”

Hy het gesê behoorlike herstelwerk is belangrik, sodat probleme met ’n sinkgat nie weer kop uitsteek nie.

“Die herstel van dié sinkgat was die grootste. Die twee in Laudium gaan ook miljoene kos en daar is nog ’n sinkgat waarvan ons nog die diepte moet bepaal, wat die koste sal raak,” het hy gesê.

Die metroraad het in ’n verklaring gesê weens die talle sinkgate is ’n proses ontwikkel om die herstelwerk te prioritiseer. Dit neem faktore soos die veiligheid van inwoners, blootstelling aan risiko’s, die aard van die skade en die stabiliteit van die sinkgat in ag.

“Sinkgate kan natuurlik voorkom, maar word vererger in beboude gebiede weens lekkasies en stormwater. Ons versoek inwoners om enige tekens van sinkgate aan te meld,” lui die verklaring.

Solly Msimanga, die Tshwane-burgemeester, wys trots hoe die R25 miljoen se herstelwerk aan die sinkgat lyk.Foto: Deaan Vivier
Die kruising van Jeanlaan en Gerhardstraat wat sedert Mei verlede jaar toe was weens ’n reuse-sinkgat.Foto: Deaan Vivier
Verkeer het gou weer begin vloei in die gedeelte van die pad wat Vrydag geopen is. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Sinkgat  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.