Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sir Lowry’s Pass: Meer as 700 huise beplan

Die weeklange betoging in die dorpie Sir Lowry’s Pass het Woensdag begin bedaar nadat ’n raadslid die betogers kom toespreek het.

Paaie na Sir Lowry’s Pass is die afgelope week versper deur die inwoners van dié dorpie buite Somerset-Wes. Die gemeenskap is ongelukkig en meen daar was die afgelope 19 jaar nog nie behoorlike behuisingsontwikkeling nie. Foto: Jaco Marais

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, het aan inwoners kom verduidelik watter behuisingsprojekte die Kaapstad-metro vir die gebied beplan.

Hy het egter ook die betogings, wat inwoners van luukse ontwikkelings aan die voet van die Hottentots-Holland-berge vasgekeer het, ten sterkste veroordeel.

“Die Kaapstad-metro veroordeel ten sterkste die poging om ’n behuisingsprojek van die stad in te neem. Hierdie optrede is nie in goeie trou nie.

“Ek het al vroeër gesê dat ek sal aanhou vergader met inwoners wat in goeie trou optree.

“Ek het aan die gemeenskap gesê daar word kennis geneem van hul griewe, maar dat inmenging by die konstruksie van hierdie projekte, onwettige optrede en gedrag wat tot nadeel van die gemeenskap as geheel is, onaanvaarbaar is,” het Booi aan Netwerk24 gesê.

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings van die Kaapstad-metro. Foto: Argief

Lees ook: Betogers keer inwoners van Sir Lowry’s Pass vas

Booi het Woensdag aan die gemeenskap verduidelik dat die Kaapstad-metro twee behuisingsprojekte vir die Sir Lowry’s Pass-gebied beplan.

“Die een behuisingsprojek is reeds aan die gang en sal sowat 307 huise bied. Konstruksie begin in die 2019-’20-boekjaar,” sê Booi.

Die ander projek word nog beplan en sal moontlik sowat 450 huise kan bied. Booi sê begunstigdes van die huise word gekies in ooreenstemming met die Kaapstad-metro se beleid oor behuising wat verseker dat huise op ’n regverdige, deursigtige, sistematiese en billike wyse aan mense toegeken word.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Ontwikkeling  |  Behuising
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.