Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sisi sê dis nou oorlog teen dwelms en geweldenaars

Die Vrystaatse provinsiale regering het Dinsdag teen die gebruik van dwelms en geweld teen vroue en kinders oorlog verklaar.

Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, wat Dinsdag haar provinsiale rede in ’n stampvol Dr. Petrus Molemela-stadion in Rocklands, Bloemfontein, gelewer het, het gesê: “Ons gemeenskap in die Vrystaat is siek.”

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, en Sam Mashinini, die provinsiale voorsitter van die Vrystaatse ANC en LUR vir polisie, paaie en vervoer. Oorlog is nou verklaar teen dwelms en geweld teen vroue en kinders in die provinsie. Foto: Mlungisi Louw

Sy het gesê die provinsie het die hoogste vlakke van werkloosheid en armoede in die land. “Die geweldige hoë vlakke van geweld teen vroue en kinders in die provinsie is weersinwekkend. Dit moet gestaak word.

“Ek voel geweldig emosioneel hieroor, en almal moet met die regering hande vat om ’n einde aan dié geweld te maak.”

Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die meer as 800 000 werklose jeugdiges in die provinsie. Sy meen as die energie van dié jeugdiges nie goed bestuur word nie, kan dit in die toekoms geweldige probleme meebring.

“Van die vele probleme waarmee die jeugdiges te kampe het, is werkloosheid die ergste. Meer jeugdiges tree tot die arbeidsmark toe, maar minder kry werk.

Ace Magashule, die Vrystaatse voormalige premier en nou die sekretaris-generaal van die ANC, het ook Dinsdag die Vrystaatse provinsiale rede van Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, in Bloemfontein bygewoon.Foto: Mlungisi Louw

“Ons sal daarom ons ekonomiese aktiwiteite verbeter en verder ontwikkel om werk vir jeugdiges te skep,” het sy gesê.

*Ntombela het ná haar provinsiale rede op ’n nuuskonferensie gesê dwelmmisbruik word ’n geweldige groot probleem onder die provinsie se jeugdiges. Sy het ook aangekondig dat die rehabilitasiesentrum in Botshabelo vir dwelmverslaafdes reeds vanjaar geopen gaan word.

Sam Mashinini, die Vrystaatse provinsiale voorsitter van die ANC en LUR vir polisie, paaie en vervoer, het ook gesê pres. Cyril Ramaphosa het in sy onlangse staatsrede drie provinsies in die land uitgesonder waar die dwelmprobleme onder die jeugdiges handuit ruk.

Die Vrystaat is een daarvan.

Daarom word ’n spesiale eenheid teen dwelms in die Vrystaatse polisie op die been gebring.

Mashinini het gesê die polisie het onlangs in Qwaqwa op ’n dwelmhandelaar se masjien beslag gelê waarmee 1 000 tablette per minuut vervaardig word. Die betrokkenes is in hegtenis geneem.

“Ons is van die Vrystaat na Gauteng. Julle sal verstom wees om te weet wie almal agter dié dwelmverspreiding en -vervaardiging sit. Dwelmneste moet oopgekrap word. Die regering kan dit nie alleen doen nie. Ons het nou almal se hulp nodig.”

Meer oor:  Sisi Ntombela  |  Oorlog  |  Provinsiale Rede  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.