Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sisulu na Qwaqwa om waterkwessies op te los

Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, het saam met verskeie hooggeplaastes die gebied in Qwaqwa besoek waar ’n agtjarige meisietjie verdrink het toe sy water in ’n rivier geskep het.

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, was ook deel van die afvaardiging wat die gebied besoek het waar daar die afgelope vier maande nie lopende water is nie. Sporadiese probleme met water word sedert 2014 daar ondervind.

Die probleme het in die kollig gekom toe klein Monisa Mbele (8) verlede week daar verdrink het toe sy en haar broer water uit ’n rivier gaan skep het.

Volgens ’n verklaring van die departement is die kwessie Donderdag op ’n hoë vlak bespreek en Sisulu het later aangekondig dat Sedibeng Water aangestel is om die probleme rondom water in die gebied op te los.

R220 miljoen is bewillig om onmiddellik water beskikbaar te stel. Nog R280 miljoen sal aan Sedibeng Water betaal word om die infrastruktuur te herstel.

Van die ander beloftes wat gemaak is, is dat 5 000 watertenks binne sewe dae in die gebied beskikbaar gestel sal word en dat alle boorgate in die gebied toegerus sal word.

Die departement sê verder plaaslike inwoners met die nodige vaardighede sal aangestel word om te help met die herstelwerk.

Inwoners het die afgelope week betoog teen private kontrakteurs wat water teen betaling aanry. Daar is selfs bewerings op sosiale media dat die pypleiding by Kestell doelbewus beskadig is sodat hulle dit kan doen.

Sisulu het Donderdag gesê die staat sal nou watertenkers bykoop en self water na die gebied aanry.

’n Lewensvatbaarheidstudie sal gedoen word om vas te stel of dit ekonomies haalbaar is om water met ’n pypleiding uit die Sterkfonteindam na die gebied te bring.

So ’n pypleiding sal sowat R2 miljard kos.

Sisulu het belowe om oor ses weke terug te keer om te sien watter vordering gemaak is.

Monisa het verlede week in Qwaqwa verdrink toe sy en haar broer weens die watertekort water uit ’n rivier gaan skep het.


Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Qwaqwa  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.