Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sisulu se adjunk moet uitlatings oor Alexandra verduidelik

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, asook menslike nedersettings, gevra om haar adjunkdirekteur-generaal se uitlatings oor die water- en sanitasieprobleme in Alexandra te verduidelik.

Haar adjunk, Neville Chainee, het glo in ’n onderhoud gesê die regering gee die stad jaarliks R1,7 miljard om water-en-sanitasie-infrastruktuur hier te bestuur.

Mashaba betwis dit en sê die inwoners van Alexandra het “diepgaande historiese” diensleweringsprobleme.

Dié uitdagings is volgens hom juis die rede hoekom hy ’n forensiese ondersoek na die Alexandra-hernuwingsprojek gelas het.

Mashaba het sy kommer hieroor teenoor Sisulu uitgespreek.

“Ek is seker die minister weet dat hierdie soort bedrae net op die balansstaat van die stad se ontwikkelingstoelae vir stedelike vestiging (USDG) verskyn.

“Dié toelae word aan munisipale projekte toegeken wat met nedersettings te make het. Water en sanitasie is ter sprake, maar dit is nie die uitsluitlike oogmerk van die USDG nie.”

Die eintlike oogmerk is elektrifisering en paaie.

“Chainee se uitlating is problematies omdat dit die indruk wek dat dit uitsluitlik vir Alexandra bedoel is, terwyl die hele Johannesburg daarby moet baat vind.”

Volgens Mashaba het die stad ’n infrastruktuur-agterstand van R170 miljard met ’n toelae wat ontoereikend is.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Lindiwe Sisulu  |  Alexandra  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.