Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Skerp verhogings in Vrystaat, maar min dienslewering

Die tariefverhogings wat pas vir begrotings in Vrystaatse munisipaliteite bekend gemaak is, bewys weer hoe uit voeling die ANC is met die finansiële realiteite van die Vrystaat én sy inwoners.

Armand Cloete, ’n VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer, sê Vrystaat is onder geweldige ekonomiese druk en onrealistiese tariefverhogings in munisipaliteite sal bykomende finansiële druk op inwoners plaas.

Van riolering tot die manier waarop vullisterreine in die Vrystaat bestuur word, spreek van swak dienslewering, sê die VF Plus. Foto: Alet van der Walt

Dit sal net tot meer wanbetaling lei en munisipaliteite se finansiële toestande verder laat versleg, sê Cloete.

In sommige munisipaliteite word diensteheffings bo inflasie verhoog, terwyl inwoners ly onder die swak dienslewering weens die ANC.

Hy sê munisipaliteite moes eerder realiteite soos groeiende vlakke van werkloosheid en vooruitsigte van swak ekonomiese groei in ag geneem het met die opstel van die begrotings.

Om slegs belastings en tariewe te verhoog sal nie die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite herstel nie, sê Cloete.

Ekonomiese groei is nodig en sal net deur ’n

gunstiger ekonomiese omgewing met bekostigbare belastings en tariewe bewerkstellig word.

Cloete sê die munisipaliteite moet eerder belastings en tariewe verlaag om so die plaaslike ekonomie te stimuleer.

Hy sê heelwat van die dorpe se begrotings is verkiesingsbegrotings wat daarop gemik is om geld te bestee in gebiede waar die ANC se grootste kieserskorps is.

Volgens hom kan ’n mens dit in Nala (Bothaville, Wesselsbron) en Moqhaka (Kroonstad, Renovaal, Steynsrus, Vierfontein, Viljoenskroon) sien.

Cloete sê munisipale paaie in die einste landbougedrewe dorpe is in ’n haglike toestand.

Pleks om dit te herstel, wil die ANC eerder stadions bou.

Hy sê in van die groter munisipaliteite soos Metsimaholo (Deneysville, Kragbron, Oranjeville, Sasolburg) is dienste soos riolering gebrekkig, terwyl tariewe daar met 6% styg. In Matjhabeng (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) word watertariewe met 6% verhoog, terwyl talle inwoners dae aaneen nie water het nie weens gebrekkige instandhouding en die voortslepende agterstallige skuld aan Sedibeng Water.

Dit is duidelik dat betalende inwoners van Vrystaatse munisipaliteite gestraf word vir die ANC se onvermoë om munisipaliteite te bestuur, sê Cloete.

Meer oor:  Vrystaat  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.