Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Skors Tshwane-bestuurder, vra Solly
Moeketsi Mosola Foto: www.linkedIn.com

Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester van Tshwane, gaan die stadsraad vra om die stadsbestuurder te skors ná beweringe van ongerymdhede met tenders.

Moeketsi Mosola, die stadsbestuurder, se naam word genoem in verband met die toekenning van ’n beweerde onreëlmatige tender aan die ingenieurskonsultant GladAfrica. Die tender is glo R12 miljard werd.

Mosola het in ’n verklaring verlede week die bewerings ontken. Hy sê die regte prosedure is gevolg om die tender toe te ken.

Msimanga wil ook voorstel dat Mosola en ander senior amptenare ondersoek word.

Solly Msimanga

Sam Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, sê ’n spesiale sitting oor die saak van Woensdag om 10:00 plaas.

“Die burgemeester word verplig om seker te maak dat enige onreëlmatigheid oor tenders ondersoek word.”

Msimanga se kantoor sê hy het verlede week meer inligting gevra nadat hy bewus geword het van die bewerings oor die aanstelling van sekere diensverskaffers.

Mosola het Sondag op Facebook gesê ’n “klein groepie wit mense” teiken hom nadat die vorige personeelhoof, Marietha Aucamp, afgedank is. Dieselfde mense is volgens hom ontevrede dat GadAfrica – ’n swart firma – die tender gekry het en nie ’n Afrikaanse firma nie.

Hy het ook Sondag aan die Pretoria News gesê Msimanga is deurentyd oor die besonderhede van die kontrak ingelig.

Mgobozi sê Mosola se kommentaar sal aan die metroraad gegee word sodat hulle kan vasstel of dit bewys kan word.

Mosola het verlede week ook aantygings van Tasneem Motara, ANC-woordvoerder in Gauteng, ontken dat hy die kontrak op ’n onwettige manier toegeken het. Hy sê hy is bereid om die dokumente oor die tender bekend te maak.

Meer oor:  Solly Msimanga  |  Tshwane  |  Burgemeester  |  Skorsing  |  Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.