Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Skuldiges by Umgeni Water ‘moet geld terugbetaal’ – Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) verwelkom die ondersoek na Umgeni Water en sê diegene wat betrokke is by finansiële misbruik, moet die geld terugbetaal.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week gesê Umgeni Water sal ondersoek word vir moontlike “ongemagtigde, onreëlmatige, nuttelose of spandabelrige besteding” wat op verskeie sake betrekking het.

Yamkela Ntola, portefeuljebestuurder van water en die omgewing by Outa, sê die tussentydse direksie van die KwaZulu-Natalse waterverskaffer het ’n ongemagtigde besoek aan Las Vegas gebring.

Outa het die huidige minister ingelig van bewerings wat Hlongwa by tendermanipulering betrek terwyl hy as Umgeni Water se finansiële hoof gedien het.

Die tussentydse direksie se hooftaak is om ’n regrukstrategie te bedink om die probleem met bestuur, oorsig en rekenpligtigheid by Umgeni Water reg te stel.

“In die lig van die finansiële uitdagings in Suid-Afrika se watersektor en met inagneming van die taak wat aan die direksie toegewys is, kom die reis neer op nuttelose en spandabelrige besteding. Outa meen die betrokke raadslede moet persoonlik aanspreeklik gehou word en moet die geld terugbetaal.”

Ntola sê Outa is ook bekommerd oor die beweerde onwettige aanstelling van Umgeni Water se waarnemende uitvoerende hoof, Thamsanqa Hlongwa, deur die voormalige minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane.

“Outa het die huidige minister ingelig van bewerings wat Hlongwa by tendermanipulering betrek terwyl hy as Umgeni Water se finansiële hoof gedien het.”

Hy sê swak bestuur, nuttelose en spandabelrige besteding en korrupsie het verlede jaar by Magalies Water, Mhlathuze Water, Rand Water en Umgeni Water voorgekom.

Ntola doen ’n beroep op fluitjieblasers om die spesiale ondersoekeenheid (SOE) met sy ondersoek te help.

“Fluitjieblasers is ook welkom om Outa se veilige webblad vir fluitjieblasers te gebruik.”

Die SOE se ondersoek sal in die volgende uitgawe van die Staatskoerant gepubliseer word.

Umgeni Water sê hy sal sy volle samewerking aan die SOE gee.

- News24

Meer oor:  Outa  |  Pres. Cyril Ramaphosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.