Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Slim-buskaarte kortwiek bedrog

’n Nuwe slimkaart-stelsel, onder meer om bedrog met buskaartjies te bekamp, is Dinsdag deur die Go George-openbare vervoernetwerk bekend gestel.

Gamza Martin, waarnemende direkteur van vervoerstelsels by die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, verduidelik Dinsdag die nuwe slimkaartstelsel.

Die slimkaart vervang papierbuskaartjies vanaf 15 November. Vroeër vanjaar het ’n reeks vervalste buskaartjies onder meer aan die lig gekom.

’n Voorlegging oor die nuwe kaart is Dinsdag deur Gamza Martin, waarnemende direkteur van vervoerstelsels by die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, by Go George se kantoor in Yorkstraat gemaak.

Die slimkaarte word deur Standard Bank uitgereik, sê Go George in ’n verklaring. Wanneer die passasier op ’n bus klim word ’n kaartleser gebruik om ritte van die kaart af te trek. Die kaarte sal tyd bespaar sodat busse by tydtafels hou, help met die regte kleingeld om kaartjies op die bus te koop en rommelstrooiery oplos wat die papier-buskaartjies meebring.

Die kaarte word reeds van 15 Oktober uitgereik om alle passasiers genoeg tyd te gee om by ’n kaart-verspreidingspunt uit te kom.

Volgens Go George kos die kaart gewoonlik R40, maar die eerste kaart wat aan elke passasier uitgereik word sal slegs R20 kos, met twee vooraf-gelaaide ritte op die kaart.

Passasiers ouer as vier jaar moet hul eie kaart hê om bus te ry. Passasiers sal hul identiteitsdokumente (of geboortesertifikate in die geval van kinders) moet toon om te verseker dat slegs een kaart per persoon teen hierdie spesiale prys uitgereik word. Go George sê dit is om ’n situasie te voorkom waar mense ’n kaart teen lae koste bekom en dit dan nooit gebruik nie. Indien ’n passasier daarna ’n tweede kaart wil koop, sal dit R40 kos.

Passasiers tik met die opklimslag die slimkaart teen ’n kaartleser wat die rit van die beskikbare ritte op die kaart aftrek.

Die kaarte is slegs by bepaalde verspreiders beskikbaar.

Die kaart moet geaktiveer word by die verspreidingspunt waar dit gekoop is en ritte kan by enige van die verspreidingspunte op die kaart gelaai word.

Volgens Go George sal slimkaart-inligtingsbrosjures eersdaags beskikbaar wees en versprei word.

Sedert die vervoernetwerk se ontstaan in Desember 2014 is 13 miljoen ritte al onderneem. Tussen 7 000 en 9 000 mense gebruik daagliks die netwerk.

Meer oor:  Go George  |  Bus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.