Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Só word by waterkrisis in Oos-Kaap ingegryp

Die departement van water en sanitasie het Amatola Water die mandaat gegee om oor die volgende drie jaar met korttermynoplossings vorendag te kom vir die waterkrisis in die Oos-Kaap.

Sputnik Ratau, nasionale departementele woordvoerder, sê die besluit is op ’n “krygskamer”-vergadering geneem wat onlangs deur die departement, verskeie munisipaliteite in die provinsie, en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in Bhisho gehou is.

Amatola Water het op dié vergadering hul beplande ingryping in die munisipaliteite voorgelê. Dit sluit in die sink van boorgate in Amathole, die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit, Koukamma en die Dr. Beyers Naudé- plaaslike munisipaliteit.

Hulle beplan ook om tien nuwe watertenkers te bekom wat gedeel sal word tussen die munisipaliteite waar die nood die grootste is.

Inwoners van Butterworth gaan baat vind by ’n pypleiding wat gebou sal word vanaf die Tsomo-rivier tot in Butterworth.

Tenke om reënwater op te vang gaan bekom word vir bejaardes. Munisipale amptenare sal die bejaarde begunstigdes identifiseer.Op die vergadering het die afgevaardigdes van die verskillende munisipaliteite die kans gekry om koppe bymekaar te sit oor hoe te werk gegaan moet word midde die knellende droogte.

Volgens die departement gaan Amatola Water besoek aflê aan al die geraakte munisipaliteite om hul behoeftes vas te stel voordat die werk sal begin.

Meer oor:  Droogte  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.