Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Sol Plaatje sê hy gaan aanleg herstel, dit opknap

Die Homevale-rioolaanleg nie werk soos dit moet nie en dat hy binnekort grootskaalse herstel- en opknappingswerk daaraan gaan doen, sê die Sol Plaatje-munisipaliteit in ’n verklaring.

Vandalisme en kabeldiefstal in die Homevale-rioolaanleg in Kimberley het daartoe gelei dat die aanleg nie optimaal funksioneer nie. Foto: Verskaf

Vroeër vandeesweek is ’n vergadering met sakelui en inwoners gehou waarop die rioolaanleg en wateronderbrekings bespreek is.

Die Kamfersdam se flaminke en ander watervoëls is afhanklik van die gesuiwerde rioolwater wat van die Homevale-aanleg na die dam vloei vir hul oorlewing.

Die omliggende myne koop ook van die gesuiwerde water.

Omdat dat pypnetwerk in die stad nie goed werk nie, vloei ’n groot hoeveelheid van Kimberley se rioolvuil in die veld en word dit nie in die aanleg gesuiwer nie.

Die rioolwater wat wel by die aanleg invloei, word ook nie doeltreffend gesuiwer nie.

Sello Matsie, munisipale woordvoerder, sê topamptenare analiseer alle bedryfsprosedures.

“Ons kyk holisties na hoe ons die aanleg tot nou toe bestuur het. Ons oorweeg die verskerping van sekuriteitsmaatreëls, beter beligting, gereelde patrollering, tugprosesse en om die bestuur in die geheel te verbeter.

“Dit beteken dat ons die begroting moet heroorweeg om te verseker alle instandhouding- en herstelwerk word gedoen, veral aan die ou deel.

“Die aanleg benodig tegniese aandag om te verseker dat dit optimaal werk en aan afvalwaterstandaarde voldoen. “Die gesteelde elektriese kabels moet vervang, die elektroniese beheerstelsel in diens gestel, elektriese en meganiese herstelwerk gedoen en die ontsmettingstelsel opgeknap word.”

Die nuwe pypleiding wat aan die Gogga-pomp gekoppel moet word, kan eers ná ons grootskaalse herstelwerk in diens gestel word.

Matsie sê die probleme is vererger weens swak arbeidsverhoudinge wat die instandhoudingswerk in die wiele gery het. Kabeldiefstal en vandalisme het ook bygedra.

“Sekere prosesse kon weens kabeldiefstal nie voltooi word nie, wat die gehalte van die afvalwater benadeel het. Ons het klagte by die polisie hieroor ingedien.

“Die nuwe pypleiding wat aan die Gogga-pomp gekoppel moet word, kan eers ná ons grootskaalse herstelwerk in diens gestel word.

“Ons moet dringend die gehalte van die afvalwater verbeter omdat nie net Kamfersdam se flaminke nie, maar ook die omliggende myne van gehaltewater afhanklik is.”

Meer oor:  Sol Plaatje  |  Kamfersdam  |  Sello Matsie  |  Rioolwater  |  Aanleg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.