Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Kommer oor korrupsie rondom grafte in Gauteng

Die Solidariteit-beweging bly agterdogtig oor die hoeveelheid grafte wat in Gauteng voorberei word voordat die piek van die Covid-19-pandemie die provinsie tref.

Flip Buys, voorsitter, wil die versekering van die provinsiale regering hê dat daar nie korrupsie betrokke sal wees by die voorbereiding van die massagrafte nie.

“As die departement van gesondheid self voorspel dat daar landwyd sowat 48 000 sterftes kan wees, is dit belaglik om te dink Gauteng moet vir 1,5 miljoen sterftes voorberei. Dit is 10% van die provinsie se bevolking,” sê Buys.

Gesien teen die aansienlike verskil in wat die departement van gesondheid voorspel en dit waarvoor die Gautengse regering gereed maak, is dit uiters belangrik dat dié projek en moontlike tenders wat daarby betrokke is, deeglik ondersoek word, sê Buys.

Buys het gereageer nadat Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, Donderdag die Honingnestkrans-begraafplaas noord van Pretoria besoek het om te sien hoe die voorbereiding vir die grafte vorder.

Masuku het toe gesê die provinsie het meer as 1,5 miljoen grafte vir Covid-19-sterfgevalle.

Buys sê hy is nie oortuig dat die provinsiale regering eerlik is oor die kwessie nie.

“Volgens die eerste voorspellings, wat gelei het tot die staat van inperking, sou Suid-Afrika sowat 351 000 koronasterftes hê. Dié voorspellings is gemaak toe daar nog nie baie inligting oor die virus bekend was nie,” sê Buys.

Die departement van gesondheid en mediese kenners se voorspellings is later aangepas na sowat 48 000 sterftes oor die land heen teen November.

“Dit is veel anders as Gauteng se voorspelling vir net sy eie provinsie,” sê Buys.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het verwys na ’n verklaring wat Donderdag uitgereik is waarin daar “verwarring” oor die voorbereiding van die massagrafte was.

Die departement sê hulle is nie besig om 1,5 miljoen grafte te grawe nie en dat dié getal verwys na die hoeveelheid grafte waarvoor daar plek is in die provinsie.

“Daar is nie meer as ’n miljoen oop grafte nie. Die meer as ’n miljoen grafte verwys na die gesamentlike vermoë en beskikbare grond van al die munisipaliteite.”

Meer oor:  Solidariteit  |  Flip Buys  |  Gauteng  |  Grafte  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.