Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Speaker, burgemeester van bankrot raad kry luukse motors

Ondanks die bankrotstatus van die Dihlabeng-munisipaliteit (Bethlehem) het David Lengoabala, die speaker, en Lindiwe Makhalema, die burgemeester, luukse motors gekry waarvan die paaiement R35 000 per maand is.

Só sê David van Vuuren, DA-hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer en lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor).

Volgens hom skuld die speaker volgens die finansiële state vir 2016-’17 die munisipaliteit R240 285.

“Die bedrag was meer as 90 dae agterstallig. Ons vermoed dit kan nou al meer as R300 000 wees.

“Ons vermoed ook dit kan strafregtelike gevolge inhou om ander inwoners se water en elektrisiteit weens wanbetaling af te sny terwyl die speaker die munisipaliteit so ’n groot bedrag skuld.”

Tshidiso Maitse, kommunikasiebestuurder van Dihlabeng, sê hy kan nie in dié stadium sê wat Lengoabala op sy munisipale rekening skuld nie, maar dit is minder as die R240 285 omdat die speaker, een van 19 raadslede wat geld vir munisipale dienste skuld, besig is om dit af te betaal.

Ek kan ook nie sê wat my munisipale skuld nou is nie. Die finansiële hoof het vir die DA op die vergadering gesê dat hul syfers nie reg is nie.
David Lengoabala

“Ons trek die geld elke maand van hul salarisse af ingevolge die ouditeur-generaal se opdrag. Dit is onwaar dat die speaker se skuld nou meer as R300 000 is.”

Van Vuuren sê wat skokkender is, is dat die burgemeester uit die ANC geskors is omdat sy gesê het pres. Cyril Ramaphosa is ’n “sell-out,” – maar sy is steeds burgemeester van Dihlabeng.

Lengoabala sê die hele saak rondom hom is net politiekery.

“Ek het vroeër ’n huis in Vogelfontein, ’n munisipale nedersetting in Dihlabeng, by die munisipaliteit gehuur. Sowat 200 koeie van die gemeenskap het ook my munisipale water kom suip. Ek het vir die munisipaliteit laat weet dat ek nie vir al die water kan betaal nie omdat die koeie nie myne is nie. Sedertdien is daar ’n dispuut oor my munisipale skuld, wat verouderde skuld is.

“Ek kan ook nie sê wat my munisipale skuld nou is nie. Die finansiële hoof het vir die DA op die vergadering gesê dat hul syfers nie reg is nie.”

Hy sê die paaiement van R35 000 per maand is vir albei voertuie en dat dit nie hy is wat dit gekoop het nie, maar die munisipaliteit. “Alle munisipaliteite het ampsvoertuie vir hul burgemeesters en speakers.”

Uit die finansiële state vir 2016-’17 blyk die volgende:

  • Die munisipaliteit het ’n netto verlies van R74,1 miljoen gely, R20 miljoen meer as in die vorige jaar;
  • Die laste van die munisipaliteit oorskry die bates met R254,6 miljoen, wat sedert 2016 met R82 miljoen gestyg het;
  • Die munisipaliteit het op 30 Junie 2017 Eskom R172 miljoen geskuld;
  • Die munisipaliteit is tegnies bankrot; en
  • Onreëlmatige uitgawes beloop R11 miljoen, nuttelose en vermorste uitgawes R22 miljoen en ongemagtigde uitgawes R83 miljoen.
  • Op 30 April het sy uitstaande debiteure R725,1 miljoen en uitstaande krediteure R186,2 miljoen, waarvan R178,4 miljoen Eskom-skuld is, beloop.
Meer oor:  Bethlehem  |  Munisipaliteite  |  Bankrotskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.