Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Spesiale vergadering oor mosie van wantroue
Stevens MokgalapaFoto: Argief

Die Tshwane-metro hou Donderdag ’n spesiale raadsvergadering om die ANC se dringende mosie van wantroue teen die burgemeester, Stevens Mokgalapa, te oorweeg.

Die Tshwane-speaker, Katlego Mathebe, het aan News24 bevestig dat ’n spesiale raadsitting gehou sal word waar die belangrikste punt op die agenda die stemming oor wantroue teen die DA-burgemeester is.

Dit volg nadat die ANC die Johannesburgse metro van die DA teruggewen het toe sy kandidaat, Geoff Makhubo, Woensdagmiddag 137 stemme op hom verenig het om as die nuwe burgemeester die leisels oor te neem.

Dié pos in Johannesburg het vakant geraak nadat Herman Mashaba in Oktober bedank het.

Tydens die laaste Tshwane-raadsvergadering van die jaar verlede week het die ANC en EFF albei mosies van wantroue teen Mokgalapa geopper.

Die EFF- en ANC-koukus het later by die vergadering uitgeloop. Die EFF se mosie hou verband met diensleweringskwessies, insluitend die waterkrisis in dele van Tshwane.

Die ANC, wat ook sy eie mosie teen Mokgalapa ingedien het, het nie lank genoeg by die vergadering gebly om te hoor of sy mosie toegelaat sou word nie.

Meer oor:  Stevens Mokgalapa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.