Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Staak dienste na sake, staatseiendom oor skuld’

Munisipaliteite moet dienste na veral staats­eiendomme en sake-ondernemings “dringend en aggressief” afsny, sê die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings (Salga).

Saam met huishoudings skuld hulle munisipaliteite meer as R165 miljard.

Dit is een van die verskeie besluite wat sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) op sy tweedaagse vergadering in Johannesburg geneem het om munisipaliteite te help om uitstaande skuld in te vorder.

Salga verteenwoordig die land se 257 munisipaliteite.

Sivuyile Mbambato, woordvoerder, het gister in ’n verklaring gesê Salga het die laaste weke in verskeie parlementêre portefeuljekomitees verslag moes doen oor veral munisipaliteite se skuld aan Eskom, die waterrade en die Waterhandelsentiteit. en ook oor die dienstegeld wat huishoudings, staatsdepartemente en ondernemings aan munisipaliteite skuld.

Salga is veral bekommerd oor die sowat R20 miljard wat munisipaliteite Eskom skuld weens die ernstige gevolge wat dit vir die elektrisiteitsverskaffer inhou.

Munisipaliteite het ook nog waterskuld van R14.9 miljard.

Huishoudings, staatsdepartemente en sake-ondernemings skuld die munisipaliteite weer sowat R165,5 miljard. Net huishoudings se skuld beloop R118,6 miljard. 49,7% hiervan word deur huishoudings in die agt metro’s geskuld.

Verder skuld staatsdepartemente munisipaliteite R10,3 miljard en private ondernemings R24,7 miljard.

Die parlement het Woensdag die skuld toegeskryf aan ’n kultuur van nie-betaling in die land.

Die portefeuljekomitee oor menslike nedersettings, water en sanitasie, sowel as die een oor samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag in ’n gesamentlike sitting in die parlement gehoor dat ’n interministeriele komitee aanbeveel dat munisipaliteite meters vir voorafbetaalde water by huishoudings moet installeer om hul skuld in te vorder.

Mbambato sê Salga meen daar is ‘n duidelik verband tussen die onvermoë van ’n munisipaliteit om sy skuld te kan betaal en sy onvermoë om sy skuld van huishoudings, staatsdepartemente en private ondernemings te kan invorder.

“Met die situasie wat onhoudbaar geword het vir munisipaliteite wat gedurig deur Eskom en waterrade gedreig word dat hul dienste afgesny gaan word, het die NUK van Salga besluit dat ’n tweeledige benadering deur munisipaliteite gevolg moet word om dié moeilike probleem op te los.

“Fase 1 is om alle munisipaliteite aan te spoor om dringend en aggressief kredietbeheerbestuur af te dwing.

“Hierdie fase sluit in om in ooreenstemming met kredietbeheerbeleid staatseiendomme en private ondernemings te teiken deur hul diens­te te staak as dit meriete het.

“Fase 2 behels om ’n noukeurige ontleding te doen van die bruto-skuld en dit te herstruktureer sodat gesien kan word wat realisties invorderbare skuld is en wat as histories oninvorderbare skuld beskou kan word.

“Dit behels ook die installering van voorafbetaal-meters,” het Salga gesê.

Meer oor:  Salga  |  Munisipale Skuld  |  Munisipaliteite  |  Dienslewering  |  Staatseiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.