Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Stadsrade moenie bouplanne goedkeur wat eiendomswaarde raak

Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat stadsrade eers die moontlikheid moet oorweeg dat ’n nuwe ontwikkeling die waarde van omliggende geboue kan verminder of die voorkoms van die omgewing skend voordat hulle bouplanne goedkeur.

Dié beslissing spruit uit ’n aansoek deur die Simcha Trust, wat die Kaapstad-metro as een van die respondente aandui.

Kaapstad het in 2005 die ontwikkeling van die Four Seasons-deeltitelskema goedgekeur wat die konstruksie van balkonne insluit.

Four Seasons het in 2007 ’n 17-verdieping gebou opgerig waarvan die balkonne oorhang na die eiendom van Simcha Trust en wat hom verhoed om ’n bykomende vier verdiepings te bou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.