Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Stilbaai: Aansoek vir ‘vraghouer-verblyf’ afgekeur

’n Kaapse sakeman se aansoek om ’n kampeerterrein in Stilbaai in die Suid-Kaap te huur om verblyfeenhede vir toeriste in die vorm van vraghouers op te rig, is afgekeur.

Giuliano Giacovazzi wou ’n gedeelte van erf 238 in Stilbaai-Oos, bekend as Julie se Baai, huur. Die kampeerterrein behoort aan die Hessequa-munisipaliteit.

Julie se Baai Foto: Verskaf

Giacovazzi wou verblyfeenhede vir rugsakreisigers in die vorm van vraghouers daar oprig.

Die Hessequa-munisipaliteit sê in ’n verklaring die aansoek is op 27 Februarie deur sy burgemeesterskomitee afgekeur.

Grant Riddles, Hessequa se burgemeester, sê die afkeur van die aansoek is in die beste belang van die meerderheid van Stilbaai se inwoners.

Volgens die munisipaliteit is ’n verslag aan die burgemeesterskomitee voorgelê waarin die potensiële voordele, nadele en risiko’s, die impak van die beoogde ontwikkeling op die plaaslike ekonomie, omgewing en infrastruktuur en werkskeppinggeleenthede uiteengesit is.

637 besware van Stilbaaiers is teen die projek ontvang. Die aansoeker het nie volledige inligting oor die impak van die projek op munisipale infrastruktuur ingedien nie. Daar was ook ’n onvolledige uiteensetting en beplanning van die potensiële voordele vir die ekonomie en werkskepping, en hoe dit bereik sou word.

Volgens die munisipaliteit sal enige verandering aan die status van Julie se Baai deur die wysiging van die ruimtelike-ontwikkelingsraamwerk moet plaasvind. Dit vereis ’n openbaredeelnameproses.

Meer oor:  Stilbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.