Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Stink rot in Mangaung-metro-kontrak’
Paulnita Marais, EFF-raadslid. Foto: Facebook

“Ek ruik ’n rot en hy stink verskriklik,” het die DA-koukusleier Hardie Viviers van die Mangaung-metro Vrydag op die jongste raadsvergadering gesê toe ’n huurkontrak met ’n Koreaanse sonkragmaatskappy deur die ANC-beheerde raad goedgekeur is.

Viviers het op die vergadering gesê die groot probleem met die huurkontrak is dat die metro se belastingbetalers hulle tot R1,5 miljoen moet verbind om die fabrieke by Bloemdustria naby Bloemfontein op te gradeer nadat dit gevandaliseer is. Dit is die twee fabrieke in Goudstraat op erf 140 en 141. Die Koreaanse maatskappy gaan glo hier sake doen.

Dié sake sluit in die verskaffing van sonkragtoerusting en ’n opleidingsgerief.

Viviers het gesê indien die kontrak wel vir vyf jaar is en die R1,5 miljoen afgetrek word, dan ontvang die metro maar net vir 14 maande huurgeld, wat neerkom op ’n bedrag van R260 000 sonder BTW.

“Daar is ’n klomp weersprekings met die voorstel soos dat die Koreaanse maatskappy met ses maande kennis die kontrak kan kanselleer. Alternatiewelik kan kansellasie plaasvind indien hulle nie met hul sake wil voortgaan nie. Die munisipaliteit sal dan by wyse van aansoeke nuwe huurders moet bekom,” het Viviers gesê.

Viviers het gewaarsku dat die kontrak, wat veronderstel is om ’n vyfjaarhuurkontrak te wees, deur die Koreaanse maatskappy binne 46 maande (minder as vier jaar) gekanselleer kan word. Dan sal die metro geen huurinkomste uit die kontrak verdien nie, aangesien R1,5 miljoen deur die metro betaal sou wees vir die opgradering van die fabrieke.

Viviers het die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, gewaarsku dat die koste van die skepping van werksgeleenthede ten opsigte van die kontrak te duur is.

Hy het gesê die uitvoerende burgemeester se mandaat is nie om werk te skep nie, maar om geleenthede te skep sodat sake in Mangaung kan floreer. Dit is sodat sakelui in Mangaung sal belê om volhoubare werksgeleenthede vir die inwoners te skep.

Viviers het vir haar gesê sy kan eerder sorg dat behoorlike dienste gelewer word sodat sakelui in Mangaung sal belê eerder as wat sy R1,5 miljoen aan die Koreaanse sonkragmaatskappy gee.

Hy het gevra dat die saak vir behoorlike ondersoek na die administrasie terugverwys word en dat ’n huurkontrak aan die raad voorgelê sal word wat werklike huurinkomste vir die raad sal beteken.

Ons wil weet wie die aandeelhouers in die Koreaanse maatskappy is? Ons wil ook weet wat die voordele vir die werkers sal wees en of hulle nie misbruik en soos slawe behandel sal word nie? Behoort die werkers aan vakbonde? Die kontrak maak nie sakesin nie

Paulnita Marais, raadslid van die EFF, sê die EFF stem ook nie saam met die huurkontrak nie. “Ons wil weet wie die aandeelhouers in die Koreaanse maatskappy is? Ons wil ook weet wat die voordele vir die werkers sal wees en of hulle nie misbruik en soos slawe behandel sal word nie? Behoort die werkers aan vakbonde? Die kontrak maak nie sakesin nie,” het sy gesê.

Die DA, VF Plus en EFF het teen die sluit van die kontrak gestem, maar die ANC-beheerde raad het met sy bondgenoot, die AIC, die agendapunt deurgestoomroller.

Mlamleli het haar kort hierna uit die raadsvergadering verskoon, vermoedelik om te gaan bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.