Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Storms, nuwe reënvalpatrone in Suid-Kaap bekyk

Klimaatsverandering, droogte, veranderende reënvalpatrone en sterker storms sal onder meer bespreek word op die Garden Route Environmental Forum (GREF) se jaarlikse omgewingseminaar wat op 11 Desember in George gehou word.

Volgens die GREF het die bestuur van die Suid-Kaapse omgewing al moeiliker geraak met nuwe uitdagings soos klimaatsverandering, groot veranderings in reënvalpatrone, ongekende veldbrande, ’n groot bevolkingsgroei en ontwikkeling, uitheemse indringerplantegroei, en droogte.

Die Nelsrivier (bo) word nadelig beïnvloed deur uitheemse indringerplantegroei en lewer min of geen oppervlakwater as gevolg daarvan. Foto: Garden Route Environmental Forum

Dit is belangrik om nuwe oplossings en vennootskappe te vind, sê die GREF in ’n verklaring.

In die Suid-Kaap is die oogmerk van die Garden Route-distriksmunisipaliteit en sy vennote in die openbare en private sektor, deur middel van die GREF, om volhoubare oplossings te vind vir omgewingsbestuur en die uitdagings wat daarmee verband hou, asook om vennootskappe te ontwikkel.

Volgens Cobus Meiring van die GREF-sekretariaat is ’n vars benadering oor beplanning rondom watersekuriteit altyd ’n goeie plek om te begin. Gegewe die hardnekkige droogte in dorpe soos Ladismith, Oudtshoorn, Van Wyksdorp en Calitzdorp, is die beheer van uitheemse indringerplante van kritiese belang.

“Byvoorbeeld is riviere en opvangste wat die

Kamanassie- en Raubenheimerdam wat Oudtshoorn, en die Nelsrivier wat Calitzdorp voed, onder druk weens uitheemse indringerplante en die daaropvolgende agteruitgang. Die stelsels vereis dringende ingryping, maar daar is nog min inligting beskikbaar oor die presiese omvang van die probleme en hoe om dit te takel.”

Volgens Meiring het nasionale omgewingsprogramme, in die besonder die Werk vir Water-program, gewys dit is onvolhoubaar om indringerplante in riviere en opvangste te probeer beheer. Die model moet dringend hersien en aangepas word.

Hy sê klimaatsverandering sal ’n besliste impak hê op huidige en toekomstige geslagte wat in die Tuinroete bly. Die impak is nog onbekend, maar ’n moontlike scenario moet ondersoek en daarvolgens beplan word.

Die GREF sal onder meer kyk na hoe die landbousektor moontlik oor 20 jaar daar kan uitsien, wat die kwesbaarheid van die kuslyn is gegewe stygende seevlakke, sterker storms en vloede en die risiko vir brande in groeiende gemeenskappe en die gedeelte tussen landelike en stedelike gebiede.

Die seminaar sal op 11 Desember in die George-gebied plaasvind. Die tyd en plek sal nog bekend gemaak word.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Klimaatsverandering  |  Omgewing  |  Storms  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.