Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Strande: Kaapse metro kan nog nie ‘kru t@@l’ uitspel nie

Oor presies wat die “kru en aanstootlike taalgebruik” is wat dalk eersdaags op die Kaapstad-metro se strande verbied gaan word, kan die metro nog nie meer sê nie.

Dit is indien ’n munisipale konsepverordening hieroor deur die metro aanvaar word.

Diegene wat hulself onder meer skuldig maak aan die gebruik van “kru of aanstootlike taalgebruik” op strande kan dalk eersdaags met tronkstraf of ’n boete deur die hof gestraf word.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, het Dinsdag vrae beantwoord oor die openbare deelnameproses oor die voorgestelde konsepverordening. Die publiek het tot 2 September gehad om kommentaar en insette te lewer.

Die kusbestuursafdeling van die metroraad gaan tans dié kommentaar en insette na.

Nieuwoudt sê dit is moeilik om te bepaal of en wanneer die verordening in werking gestel gaan word omdat die metroraad dit eers moet oorweeg.

“Ons verwag die konsepverordening en die verslag oor die uitkoms van die openbare deelnameproses sal eers vroeg aanstaande jaar aan die raad voorgelê word,” sê sy.

Kampsbaai, een van Kaapstad se bekende strande. Foto: Zarine Roodt

Die verordening kan eers ingestel word nadat die raad dit goedgekeur het en dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Nieuwoudt het bygevoeg dit is interessant dat die media dit verkies het om op die gedeelte oor kru taal van die verordening te fokus, terwyl die meeste insette van die publiek handel oor openbare veiligheid, die bevordering van toegang tot openbare ruimtes en hoe die metroraad hierdie verordening gaan toepas en monitor.

Meer besonderhede oor hoe ’n oortreder verkla kan word, kan ook nog nie beantwoord word nie omdat die verordening volgens Nieuwoudt nog nie aanvaar is nie.

“Dit is die hof se prerogatief oor watter straf opgelê gaan word indien iemand skuldig bevind word.”

Netwerk24 het vroeër berig die verordening sluit in ongewenste gedrag op strande, die beskadiging van toerusting en geriewe, om ander strandgangers se veiligheid te bedreig, om glas na ’n strand of swembad te neem, onvanpaste, steurende of gewelddadige gedrag en om jou lyf op onvanpaste wyse te ontbloot of onbetaamlike dade uit te oefen.

“Kru of aanstootlike taalgebruik” val ook onder “ongewenste gedrag” in die konsepverordening.

Die hof kan ook beveel dat iemand wat skuldig bevind is die skade wat aangerig is moet herstel, die metroraad se koste weens die oortreding moet dek of skadevergoeding moet betaal.

Meer oor:  Kaapstad Metro  |  Marian Nieuwoudt  |  Kaapstad  |  Strande  |  Vloek  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.