Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Strate in Pta gesluit vir stadsrede

Strate in Pretoria se middestad sal Donderdag tussen 06:00 en 12:00 gesluit wees weens ’n parade wat gehou word vir die stadsrede wat in Tshwane-huis gelewer word.

Solly Msimanga, burgemeester van die stad van Tshwane, loop op 12 April 2018 deur ’n brandweer-erewag voordat hy die metro se stadsrede lewer. Foto: Deaan Vivier

Deelnemers aan die parade sal van 08:00 by Kerkplein in Paul Kruger-straat byeenkom en om 09:00 die volgende roete na Tshwane-huis volg:

Van Kerkplein af sal hulle in Paul Kruger-straat ’n suidelike rigting beweeg, links draai in Francis Baard-straat en dan weer links draai in Lillian Ngoyi-straat. Soos hulle in Lillian Ngoyi-straat afbeweeg, sal hulle regs draai in Madibastraat om by Tshwane-huis uit te kom.

Bogenoemde strate sal gesluit wees soos die parade aanbeweeg en heropen soos hulle vorder.

Die kruisings wat geraak word, is dié by Pretoriusstraat en

Thabo Sehume-straat by Francis Baard-straat.

Die volgende kruisings sal heeltemal van 06:00 tot 12:00 gesluit wees:

*Thabo Sehume-straat en Madibastraat;

*Lillian Ngoyi-straat en Pretoriusstraat;

*Johannes Ramokhoase-straat vanaf die kruising met Sisulustraat na Thabo Sehume-straat; en

*Sisulustraat tussen Strubenstraat en Pretoriusstraat.

Die hoofingang na die Tshwane-huis sal ook gesluit wees.

Taxi’s wat gewoonlik in die betrokke strate parkeer, kan in Kgosi Mampuru-straat en Madibastraat parkeer.

Gaste moet net hul akkreditasie aan die beamptes by die afgesperde strate toon.

Tshwane-metropolisielede en ander wetstoepassingsagentskappe sal ontplooi wees.

Motoriste word aangeraai om Donderdag die middestad te vermy en die volgende alternatiewe roetes te gebruik:

*Nana Sita-straat;

*Visagiestraat;

*Du Toit-straat; en

*Strubenstraat.

Meer oor:  Pretoria  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.