Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Strate om parlement gesluit vir staatsrede

Mense wat volgende Donderdag (7 Februarie) planne het om die middestad van Kaapstad te besoek, moet onthou die staatsrede word in die parlement gehou en talle strate in dié omgewing sal gesluit wees.

Die staatsrede begin om 19:00, maar strate in die direkte omgewing van die parlementêre gebouekompleks word al vroegdag afgesper, wat gewoonlik verkeerschaos in die middestad tot gevolg het.

Daar word ook reeds Dinsdagaand en Woensdagaand oefeninge gehou om gereed te maak vir die staatsrede, wat ook die verkeer in die direkte omgewing van die parlement dié aande sal beïnvloed.

Donderdag sal die strate reeds vanaf 06:00 tot omstreeks middernag gesluit wees.

Die M3 en N2 vanaf Nuweland in die rigting van die middestad word ook Donderdag om 17:45 vir ’n wyle gesluit.

Meer oor:  Parlement  |  Kaapstad  |  Padsluitings  |  Staadsrede 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.