
Table View se buurtwag is Maandagaand as die beste in die Kaapse metro aangewys. Van links is die buurtwag se ondervoorsitter, Brian Gardner, en die voorsitter, Grant Lemos.Foto: Facebook
Die Kaapse metro en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid het Table View se buurtwag as die buurtwag van die jaar aangewys. Dit is die eerste toekenningseremonie in sy soort in die stad.
Summer Greens se buurtwag en Tygerdal en Glenwood se buurtwag is onderskeidelik tweede en derde in dieselfde kategorie as Table View.
Buurtwagte wat spesifiek by gemeenskapsveiligheidsprojekte betrokke is, is ook benoem. Die vrywilligers in agt gebiede is geprys vir hul toegewyde deelname aan die Walking Bus-inisiatief, wat Nyanga, Bonteheuwel, Khayelitsha, Kraaifontein, Valhalla Park, Happy Valley, Pelican Park en Mfuleni insluit. Die Khayelitsha Town 2-buurtwag het die stadsraad se uitstaande prestasieprys vir sy bydrae tot die Alcohol Harms Reduction Game Changer gewen.
Pryse wat op die spel was, het onder meer toerusting soos noodhulpkissies, flitse, kolligte en tweerigtingradio’s ingesluit.
Meer as 80 buurtwagte en hul lede is op dié eerste jaarlikse seremonie vir een van die 34 pryse genomineer.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit en sosiale ontwikkeling, sê in ’n verklaring daar is meer as 20 000 opgeleide buurtwaglede in Kaapstad.
Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, het gesê die provinsie wil nóg 100 buurtwagstrukture oprig en meer as R2,5 miljoen is daarvoor opsygesit.
Pryse wat op die spel was, het onder meer toerusting soos noodhulpkissies, flitse, kolligte en tweerigtingradio’s ingesluit.
Die Kaapse metro het reeds 130 buurtwagte en daar is ’n verdere 200 in die provinsie.
Die departement wil soortgelyke seremonies in die hele provinsie aanbied.