Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Talle wil hê PE moet na Mandela genoem word

Inwoners van Port Elizabeth wil grootliks sien dat die stad na oudpres. Nelson Mandela genoem word.

Die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name het Woensdagaand ’n openbare vergadering vir die voorgestelde naamsveranderinge vir Port Elizabeth, asook die stad se lughawe, by die stadsaal gehou.

Sowat 200 mense het die vergadering bygewoon en grootliks gesê dat Port Elizabeth na Nelson Mandela City hernoem behoort te word.

’n Toutrekkery het egter ontstaan oor die naamsverandering vir die Port Elizabeth Internasionale Lughawe.

Die lys van voorgestelde name vir Port Elizabeth soos vroeër deur die komitee ontvang is:

  • Gqebera
  • i-Bhayi
  • Nelson Mandela City

Tshaba Malgas sê hoewel hy ook ’n Khoi-afkoms het, sal hy verkies dat Port Elizabeth die stad én die lughawe na Nelson Mandela genoem word.

“Dit sê ek gegrond op die idee dat die ikoon Madiba se naam ongetwyfeld internasionale toeriste sal lok en daarmee ook ekonomiese groei en werkgeleenthede.”

Nhlakamipho Dlamini waarsku weer teen die oorgebruik van Mandela se naam.

“Ek dink ons moet versigtig wees om alles na Madiba te noem. Ja, ons almal weet van die belangrike werk wat Madiba gedoen het, maar ons het dalk reeds sy naam te veel gebruik.

Die voorgestelde name vir die Port Elizabeth Internasionale Lughawe is:

  • Nelson Mandelabaai Lughawe
  • Nelson Mandela Lughawe
  • Raymond Mhlaba Lughawe
  • Sipho Hashe Internasionale Lughawe
  • David Stuurman Internasionale Lughawe

“Ek sal verkies dat die naam Raymond Mhlaba vir die lughawe gekies word. Ek glo dit sal mense nuuskierig maak om meer uit te vind wie hy was en só kan dié merkwaardige man onthou word.”

Nog ’n man sê hy gee nie om na wat die naam verander nie, solank dit ’n naam is wat maklik uitgespreek kan word deur die plaaslike inwoners, asook deur die meeste van die internasionale besoekers.

Christiaan Martin, LP in die Oos-Kaapse wetgewer, was Woensdagaand in sy springbokvel- tradisionele Khoi-uitrusting geklee en het aan die komitee gesê

die stad se lughawe moet voortaan as die Hoofman David Stuurman Lughawe bekend staan.

“Ons sê vandag Hoofman David Stuurman het hier in Port Elizabeth geloop en vir sy mense geveg. Hy het kolonialisme op die grond beveg.

“David Stuurman is drie keer Robbeneiland (tronk) toe gestuur en toe na Australië. Hy is dood in Australië.

“Terwyl ander gevangenese met ’n vliegtuig na Port Elizabeth teruggekom het, kon David Stuurman nooit terugkom nie. Sy graf lê vandag onder ’n treinstasie begrawe. Daar is nie ’n beter manier om hom te vereer as om die lughawe na hom te noem nie.”

Traci Mackie, uitvoerende hoof van die Raymond en Dideka Mhlaba-stigting, sê daar sal nie weer ’n naam so magtig soos dié van Mandela wees nie, maar meen die tyd het aangebreek om nuwe plekke om nuwe name te bou.

Volgens Mackie het Mhlaba meer as 40 jaar in Port Elizabeth gewoon terwyl hy deurgaans vir vryheid, eenheid en dienslewering gestaan het en moet die stad se lughawe na hom genoem word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.