Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tembe ontruim kantoor as hoof van metropolisie in Jhb
David Tembe, voormalige hoof van die Johannesburgse Metropolisiediens. Foto: Collen Mashaba

David Tembe, voormalige hoof van die Johannesburgse metropolisiediens, het Dinsdag sy kantoor ontruim ná ’n skeidingsooreenkoms.

Die Johannesburgse metroraad het in ’n verklaring bevestig hy is nie meer in die pos is nie en bygevoeg die inhoud van die ooreenkoms is vertroulik.

Dié ooreenkoms het mense verbaas veral ná bewerings dat die nuwe ANC-metroraad druk uitgeoefen het dat Tembe in die pad gesteek word.

In ’n klankopname wat uitgelek is, kan ’n mens glo hoor hoe Mally Mokoena, lid van die burgemeesterskomitee vir openbare veiligheid, eis dat Tembe onmiddellik geskors word, het die Sowetan berig.

Die ANC-beheerde stadsraad het Tembe daarvan beskuldig dat hy ’n bondgenoot is van die vorige DA-burgemeester, Herman Mashaba.

Tembe wou Donderdag niks sê nie.

“Dit was ’n ooreenkoms waarop albei partye ooreengekom het,” het hy telefonies aan Netwerk24 gesê. Hy het bygevoeg dat daar geen vyandigheid oor die kontrak is nie.

“Ek is nog bereid om die Johannesburgse metroraad te help sou hulle my hulp benodig. Ek het in Johannesburg grootgeword en my hele loopbaan dien ek die stad se mense deur veiligheid- en noodhulpdienste,” sê Tembe.

Voordat hy as hoof van die metropolisie aangestel is, het hy ook by die Johannesburgse nooddienste en die brandweer gewerk.

“Dit is my passie,” sê Tembe.

Hy sien nou uit na ’n paar maande se rus, voordat hy nuwe uitdagings sal aanpak.

“Ek kan nog nie sê wat ek gaan doen nie . . . maar ek sal weer bo uitkom,” sê Tembe.

Intussen het die metroraad Sipho Dlephu, ’n veteraan- munisipale polisiebeampte, aangestel as tydelike hoof van die metropolisie.

Meer oor:  Metropolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.