Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane moet krane nog stywer toedraai

Die Tshwane-metro versoek Pretorianers om steeds spaarsamig met water te werk om watertekorte te voorkom.

“Die metroraad het ’n formele kennisgewing van Randwater gekry dat waterverbruik die afgelope paar dae toegeneem het, wat reservoir-vlakke drasties laat daal het,” sê Tshwane in ’n verklaring.

Randwater beperk tans alle Tshwane-meters tot 20% om dié vlakke te beheer.

“Die beperkings is van toepassing in die hele Tshwane-gebied en sal die watertoevoer sodoende beheer. Ons versoek gebruikers om water meer oordeelkundig te gebruik.

“As daar aan dié versoek voldoen word, sal water-verwante onderbrekings geminimaliseer word,” gaan die verklaring voort.

Inwoners kan die volgende riglyne volg:

  • Gebruik gryswater vir die tuin en toilet
  • Meld lekkasies en gebarste pype aan
  • Installeer ’n laevloei-stortkop
  • Plant inheemse of droogte-bestande plante
  • Gooi plante net nat wanneer nodig, en dan voor 06:00 en na 18:00
  • Gebruik ’n besem pleks van ’n tuinslang om stoepe en opritte skoon te maak.
  • Versamel reënwater vir die tuin of karwas.
  • Bedek swembaddens om verdamping te verminder
  • Stort eerder as om te bad.
  • Moenie die water laat loop terwyl jy tande borsel of skeer nie.
Meer oor:  Tshwane-Metro  |  Randwater  |  Pretoria  |  Waterbeperkings  |  Waterkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.