Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Toekoms van gedenkteken in George op vergadering bespreek

’n Openbare vergadering word Woensdagaand in George gehou om die toekoms te bespreek van ’n gedenkteken ter ere van mense van die Suid-Kaap wat hul lewe opgeoffer het in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog.

Volgens die Stigting Simon van der Stel: Suid-Kaap is die gedenkteken sowat agt jaar gelede van die bopunt van Yorkstraat in George verwyder om plek te maak vir ’n verkeersirkel.

Dit is toe na die Tuinroete Botaniese Tuin verskuif. Drie leiklipplate met die name van gesneuweldes van verskillende bevolkingsgroepe is daarna in ’n nuwe gedenkmuur in die botaniese tuin ingebou. Die gedenkteken is egter nie meer in ’n goeie toestand nie en benodig opknapping. Die botaniese tuin het ook geen begroting vir die onderhoud van monumente nie, volgens die stigting. ’n Nuwe roofvoëlafdeling in die tuin omsluit ook feitlik die hele gedenkteken.

Die gedenkteken in die botaniese tuin in George ter ere van mense van die Suid-Kaap wat hul lewe verloor het in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Foto: Verskaf

Die stigting sê in ’n verklaring dit is een van ’n minderheid gedenktekens waar verskillende bevolkingsgroepe gelykwaardige erkenning en huldiging ontvang.

Volgens die stigting is die Memorable Order of Tin Hats (Moths), ’n instansie wat oorlogshelde gedenk, bereid om beheer oor die naamplate van die ou gedenkteken oor te neem.

Die Stigting Simon van der Stel het voorgestel dat die gemeenskap se gevoelens oor die moontlike verskuiwing van die naamplate op ’n openbare vergadering bespreek word.

Die vergadering vind Woensdag om 18:00 by die Moth “Shellhole” in Rijk Tulbachstraat 6, Loeriepark, George, plaas. Enige lede van die publiek is welkom om dit by te woon. Streng Covid-19-protokols sal gevolg word. Niemand sal sonder ’n masker toegelaat word nie.

Ná die vergadering sal Erfenis Wes-Kaap deur die botaniese tuin genader word vir leiding oor die toekomstige hantering van die gedenkteken en naamplate.

Die gedenkteken word beskerm deur artikel 37 van die Wet op Erfenishulpbronne van 1999 en kan nie opgeknap, verander, verskuif of afgebreek word sonder die goedkeuring van die Provinsiale Erfenisowerheid, in dié geval Erfenis Wes-Kaap, nie.

Meer oor:  George  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.