Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Township in Clarens sonder water oor Eskom-skuld

Inwoners van die Kgubetswana-township van Clarens het nie drinkwater nie omdat Eskom ’n kragpunt buite die dorp weens wanbetaling afgeskakel het.

Roger Nhlapo, ’n DA-raadslid, sê die Dihlabeng-munisipaliteit skuld Eskom R180 miljoen.

Dihlabeng bedien Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Paul Roux en Rosendal.

Nhlapo sê die kragpunt word gebruik vir die pompstasies wat die dorp se water en riool pomp. Inwoners in die township het nie water nie en rioolvuil dam orals op.

Nhlapo sê die DA het aan die munisipaliteit se finansiële hoof, Pule Khiba, ’n brief geskryf en eis dat die raad dringend sê wat hy gaan doen om Eskom te betaal.

Dr. Roy Jankielsohn van die DA sal ook aan die provinsiale wetgewer ’n navraag rig om uit te vind wat die provinsiale regering gaan doen om die probleme met wanbestuur by die munisipaliteit op te los.

Nhlapo sê die kragpunt wat afgeskakel is, lei tot probleme vir skole en klinieke in die omgewing en inwoners moet ver loop om water aan te dra.

Hy sê rioolvuil loop in natuurlike waterbronne in wat weer ’n gevaar vir visse en ander diere kan skep.

Meer oor:  Elektrisiteit  |  Clarens  |  Dihlabeng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.