Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Trollip OB toe oor aanstel van amptenare in NMB
Athol TrollipFoto: Cara-Lee Dorfling

Athol Trollip, die DA se federale voorsitter, het ’n brief gerig aan adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB) oor die nuwe koalisieregering van die Nelson Mandelabaai-metro se besluit om minstens ses munisipale amptenare – wat onder andere geïmpliseer word met tenderonreëlmatighede – weer in hul poste aan te stel.

Trollip het dit ook onder Mkhwebane se aandag gebring dat die huidige burgemeester, Mongameli Bobani, die dienste van die regsfirma Gray Moodliar Incorporated beëindig het.

Luidens Trollip se brief aan Mkhwebane is die munisipale beamptes heraangestel ondanks die meriete van hul sake, asook die koste van dissiplinêre prosesse en regskoste vir die metro.

Oor Gray Moodliar Incorporated sê Trollip die firma het ’n meerderheid van die dissiplinêre sake teen munisipale beamptes hanteer.

Hy meen die besluit is onreëlmatig en al die geld wat tot dusver spandeer is gaan nuttelose besteding tot gevolg hê.

Trollip raai Mkhwebane aan om ag te slaan op die manier waarop die Valke die kwessies rondom sommige van die beamptes wat geskors of afgedank was, hanteer.

In Trollip se vorige brief aan Mkhwebane maak hy melding van ’n lening van R700 miljoen wat Bobani nog met sy handtekening moet bekragtig.

Hy sê sekere direktorate in die metro het reeds planne met die geld terwyl die leningskontrak nog gefinaliseer moet word.

Die misterieuse persoon wat na bewering by Bobani se kantoor ingestap het en hom met ’n vuurwapen gedreig het, word ook uitgelig.

Trollip spreek kommer uit oor die feit dat hy nog geen terugvoering ontvang het vanaf die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) nie.

Meer oor:  Nmb  |  Ob  |  Athol Trollip  |  Aanstellings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.