Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshabalala mag nie voorsit op raadsake

Vusi Tshabalala, hoofsweep van die Vrystaatse wetgewer en voorsitter van die openbare-rekeninge en finanskomitee, sal nie Dinsdag kan luister wanner sy voormalige munisipaliteit voor die komitee verskyn nie.

Vusi Tshabalala. Foto: Facebook

Dié goeie vriend van Ace Magashule, voormalige premier van die Vrystaat, was vyf jaar lank uitvoerende burgemeester van Maluti-a-Phofung (Harrismith, Kestell en Qwaqwa) waar die munisipaliteit onder sy toesig heeltemal in duie gestort het.

Lede van die openbare-rekeninge- en finanskomitee het besluit Tshabalala sal nie kan voorsit wanneer die afvaardiging van Maluti-a-Phofung aan die komitee verslag doen nie.

Volgens Leona Kleynhans, DA-LPW, is die besluit geneem omdat dit kan lei tot belangebotsings.

Sy sê Magashule het Tshabalala in 2013 as uitvoerende burgemeester van Maluti-a-Phofung aangestel. Hy was tot en in 2018 in dié pos voordat hy vanjaar die hoofsweep van die Vrystaatse wetgewer geword het.

Die topbestuur van Maluti-a-Phofung, Mafube (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) en Masilonyana (Winburg, Brandfort en Theunissen), al drie Vrystaatse munisipaliteite wat onder administrasie is, sou Dinsdag voor die komitee verskyn, maar dit is tot volgende Dinsdag uitgestel.

Kleynhans sê die verskynings is uitgestel sodat Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), en sy span teenwoordig kan wees.

Kleynhans sê Tshabalala sal nie aan die gesprek kan deelneem nie.

Kleynhans sê Maluti-a-Phofung het nog nie sy finansiële state van 2017/18 by die ouditeur-generaal (OG) ingedien nie.

“Dit is waarom ons na hul 2016/17-geldstate gaan kyk, terwyl ons die 2017/18-geldstate van ander munisipaliteite sal bekyk.”

Leona Kleynhans. Foto: Argief

Sy sê Maluti-a-Phofung was in 2014 nog taamlik “oukei” toe hy Eskom in die omgewing van R400 miljoen geskuld het, maar nou het dié skuld tot meer as R4 miljard ge-eskaleer.

“Die munisipaliteit se skuld aan Eskom en die Waterraad is nou meer as R5 miljard. Dit is een van die munisipaliteite in Suid-Afrika wat Eskom die meeste geld skuld.”

Sy sê Maluti-a-Phofung is in Februarie 2018 onder administrasie geplaas.

Sedertdien moes Cogta R20 miljoen aan veiligheid bestee om meer as een administrateur net toegang tot die munisipaliteit te laat kry.

Nasionale tesourie het die gelyke-beregtigingsbegroting van die munisipaliteit teruggehou omdat die state van 2017/18 nog nie ingedien is nie en ’n onwettige begroting goedgekeur is.

’n Nuwe administrasiespan is nou al vier maande daar aan die werk.

Meer oor:  Da  |  Ace Magashule  |  Qwaqwa  |  Harrismith  |  Kestell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.