Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane-beheer deur Maile ‘ANC-set’ vir geld

Lebogang Maile, Gautengse LUR vir menslike nedersettings en samewerkende regering, het die uitdaging aanvaar van die DA se pogings om hulle teë te sit teen sy “ingryping” in die Tshwane-metroraad, en sê hy verwelkom die party se hofaansoek.

Lebogang Maile. Foto: Jerry Mokgwankgwa

“Ons wil voortgaan en ons het nie nodig om toestemming van enigiemand te verkry nie. Ons verwelkom die uitdaging en ons sal in die hof ontmoet, ons het nie ’n probleem daarmee nie,” het Maile gesê.

Dit nadat hy verlede week aangekondig het dat die Gautengse provinsiale regering ingevolge artikel 139 van die Grondwet gaan ingryp in die stad se “chaotiese sake”.

Die DA het egter gesê hulle sal Maile se planne met hofaksies teenstaan en het bygevoeg dat die LUR se planne ’n set van die ANC is om voor die 2021 plaaslike owerheidsverkiesing beheer oor die stad se geldsake te verkry.

“Daar is geen sodanige set nie. Dit is ’n duidelike stuiptrekking deur ’n sterwende perd. Hulle probeer die aandag van die waarheid aftrek dat hulle die munisipaliteit wanbestuur het. Die DA behoort sy eie koukus in Tshwane onder administrasie te plaas,” het Maile Dinsdag gesê.

Artikel 139 van die Grondwet laat die provinsiale regering toe om by plaaslike regering in te gryp as dié nalaat om sy uitvoerende verantwoordelikhede, soos deur die Grondwet of ander wetgewing voorgeskryf, na te kom.

Maile se aankondiging het gekom nadat Stevens Mokgalapa, Tshwane se uitvoerende burgemeester en Katlego Mathebe, die speaker, Donderdag deur wantrouemosies uit die kussings gelig is.

In ’n dramatiese verwikkeling het die hooggeregshof in Pretoria egter Vrydag die twee se afsetting tydelik ter syde gestel. Die saak sal op 17 Desember ten volle aangehoor word.

Maile het gesê dat die provinsiale regering sal voortgaan met sy ingryping ondanks die DA se verset.

“Die besluit is deur die provinsiale kabinet geneem,” het Maile gesê.

Solly Msimanga, DA-leier in die Gautengse wetgewer, het gesê die DA se resverteenwoordigers is op bystand sou formele stappe uit Maile se aankondiging spruit.

“Ons sal hulle hof toe sleep. ’n Klomp prosesse moet nog gevolg word en Maile praat oor iets wat hy nog nie gedoen het nie. Tot tyd en wyl hy al die prosesse op skrif uitgestippel het wat hy gevolg het voordat hy by die besluit uitgekom het, sal hy moeite hê om dit in werking te stel,” het Msimanga gesê.

Msimanga het dit benadruk dat hy meen dat Maile se planne ’n set van die ANC is om hul snoete in die trog te kry en tenders toe te staan.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Solly Msimanga  |  Lebogang Maile  |  Tshwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.