Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane-chaos: ‘Ons betoog nie,’ beweer vakbond

Vullis in die strate, busse en betonblokke wat strate versper en groot groepe mense wat in die strate betoog.

Ten spyte van hierdie tonele wat mense in die middestad van Pretoria Dinsdagoggend vir ’n tweede dag begroet het, meen die munisipale vakbond Samwu sy stakende lede neem nie aan ’n betoging deel nie.

staking, Tshwane-staking, betoging, vullis
Stakende Samwu-werkers het Dinsdagoggend in die middestad van Pretoria saamgedrom en vullis gestrooi. Foto: Felix Dlangamandla

“Ons staak nie. Wat ons eintlik gedoen het, is dat ons werkers gevra het om hierheen te kom sodat ons aan hulle terugvoer kan gee oor wat gisteraand gebeur het, en ook om te verseker dat wanneer ons klaar is by die bemiddelingsraad (Dinsdag) ons verdere terugvoer aan hulle kan gee,” het Mpho Tladinyane, Samwu se streeksekretaris, gesê waar hy Dinsdagoggend voor die munisipale kantore gestaan het.

samwu, staking, tshwane-staking, betoging
Samwu meen sy lede het bymekaar gekom om terugvoer te ontvang oor hoe die loononderhandelings met die Tshwane-metroraad vorder. Foto: Felix Dlangamandla

Tladinyane het gewag om met die burgemeester en uitvoerende raadslede te vergader, nadat ’n vergadering wat Maandagaand sou plaasvind nie gerealiseer het nie.

Hy het die hoop uitgespreek dat die partye teen Dinsdagmiddag tot ’n vergelyk kan kom oor die werkers se looneise.

Van die paaie in die middestad was Dinsdag steeds onbegaanbaar weens die busse wat oornag op besige kruisings gelos is.

Stakende werkers het Dinsdag vroegdag in die strate van die middestad begin saamdrom.Foto: Isabel Venter

Die polisie het paaie afgesper om die verkeer makliker te herlei.

Munisipale werkers wil ’n 18%-loonverhoging hê.

Die Tshwane-metroraad het Maandag gesê die staking is onwettig.

Busse het glo oornag verlate in die strate gestaan, nadat dit glo Maandag deur stakende werkers gebruik is om paaie te versper.Foto: Isabel Venter

Sheila-Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid, het toe gesê insleepdienste sal busse na die depot terugneem, maar baie van dié busse was Dinsdag steeds op dieselfde kruisings geparkeer as die dag vantevore.

Strate soos Es’kia Mphahlele-, WF Nkomo-, Thabo Sehume-, Pretorius-, Lilian Ngoyi- en Madibastraat is geraak.

Paaie is ook met stukke beton toegemaak.Foto: Felix Dlangamandla

Gemoedere onder motoriste het hoog geloop waar verkeer erg ontwrig is.

Sommige motoriste het op sypaadjies begin ry om by hul bestemmings uit te kom.

Meer oor:  Betoging  |  Tshwane-Staking  |  Busstaking  |  Samwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.