Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane is onder administrasie

Die stad Tshwane is onder administrasie geplaas.

Lebogang Maile, die Gautengse LUR vir samewerkende regering. Foto: Zamokuhle Mdluli

Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering, het Vrydag in ’n verklaring gesê dit is weens probleme met dienslewering, asook finansiële en politieke onstabiliteit in die metro.

Volgens hom het die regering “geen ander keuse gehad” as om Tshwane onder administrasie te plaas nie.

“Dit sal help om funksionaliteit, bestuur, stabiliteit en voldoende dienslewering in die stad te herstel.”

Dit kom nadat Tshwane se burgemeester, Stevens Mokgalapa, en die speaker van die metroraad, Katlego Mathebe, uitgestem is.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Tshwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.