Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane-metro sê staking is verby

Die Tshwane-metro gaan na verwagting later vanoggend op ’n nuuskonferensie die besonderhede bekend maak van ’n ooreenkoms tussen hom en die vakbonde Samwu en Imatu om die staking deur munisipale werkers wat die stad vandeesweek verlam het, te beëindig.

Die Tshwane-metro het Vrydagoggend in die middernagtelike ure op Twitter gesê daar is met die vakbonde ooreengekom oor looneise.

“Ons sal besonderhede bekend maak. Ons werk sonder ophou om dienste te herstel,” sê die metro.

Van die werkers het in die strate van die middestad betoog. Vullis is in die strate rondgegooi, munisipale busse is gebruik om paaie onbegaanbaar te maak en betonblokke is op plekke in die straat gesit.

staking, Tshwane-staking, betoging, vullis
Stakende Samwu-werkers het Dinsdagoggend in die middestad van Pretoria saamgedrom en vullis gestrooi. Foto: Felix Dlangamandla

Soos vroeër berig is busdienste opgeskort en verkeer is heelweek ontwrig. Sommige metropolisiebeamptes en skoonmakers het glo ook aan die staking begin deelneem.

Samwu en Imatu was ontevrede omdat senior amptenare glo ’n 18%-verhoging gekry het en het op dieselfde vir hul lede aangedring.

Die metro het intussen erken dat hulle ’n fout gemaak het deur die verhoging aan senior amptenare toe te ken sonder die goedkeuring van die nasionale bedingingsraad.

Die betrokke amptenare het vroeër tot dié verhoging ingestem in ruil daarvoor dat hulle ander voordele soos pensioenfonds, mediese fonds, ’n 13de tjek en ’n behuisingstoelaag verbeur.

LEES OOK: Tshwane-werkers staak oor 18%- verhoging vir ánder

Koena Ramotlou, Samwu-sekretaris, het vroeër volgehou sy vakbond het nie amptelik gestaak nie en werkers het uit hul eie uit frustrasie opgetree.

Meer oor:  Imatu  |  Samwu  |  Pretoria  |  Munisipale Dienste  |  Tshwane-Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.