Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tshwane stel glo hoë aan sonder kwalifikasies
Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: Morapedi Mashashe

Die personeelhoof van Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is aangestel in die pos met ’n salaris van R1,2 miljoen per jaar sonder dat sy die nodige kwalifikasies het.

Msimanga was deel van die paneel wat onderhoude met aansoekers gevoer het.

Deur nie aansoek om kwytskelding vir Marietha Aucamp te doen nie, het die Tshwane-metroraad die Wet op Plaaslike Regering oortree wat bepaal dat munisipaliteite by die minister van samewerkende regering en tradisionele sake om kwytskelding moet aansoek doen as ’n potensiële werknemer nie die nodige kwalifikasies het nie.

Die advertensie vir die pos het vereis dat kandidate ’n BA-graad of ’n soortgelyke kwalifikasie moet hê.

Aucamp sê sy het steeds aansoek gedoen vir die pos op voorwaarde van ’n kwytskelding.

Msimanga se kantoor het erken daar was geen kwytskelding toe sy as groephoof vir die burgemeester se kantoor aangestel is nie.

Msimanga het by monde van Sam Mgobozi, sy woordvoerder, op News24 se vrae geantwoord dat hy geen rol in die werwingsproses gespeel het nie.

News24 is egter in besit van ’n verslag wat toon dat Msimanga saam met Cilliers Brink, lid van die burgemeesterskomitee, en Lindiwe Kwele, destydse waarnemende stadsbestuurder, deel was van die paneel wat die onderhoude gevoer het.

Meer oor:  Marietha Aucamp  |  Solly Msimanga  |  Tshwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.