Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tswaing het nou te min geld om personeel te betaal

Die Tswaing-munisipaliteit in die Sannieshof-omgewing het nie genoeg geld om sy personeel en raadslede te betaal nie en dis nog onseker wanneer hulle betaal gaan word.

Tswaing bedien Sannieshof, Delareyville, Ottosdal en die omliggende townships.

Die munisipaliteit se werknemers wag al sedert 25 Junie op hul salarisse. Hulle is verlede week per e-pos ingelig die geld sou teen verlede Vrydag inbetaal wees, maar die munisipaliteit kon nie dié belofte nakom nie.

Terwyl Isaac Moruti, die munisipale bestuurder, sedert verlede week nie op medianavrae gereageer het nie, het die provinsiale regering Maandag eindelik antwoorde verskaf.

Dineo Thapelo, woordvoerder van Noordwes se departement van plaaslike regering, het bevestig wat die DA al verlede week gesê het: Die munisipaliteit se rekening is onlangs bevries sodat ’n diensverskaffer se agterstallige skuld van R3,1 miljoen betaal kon word.

Hoewel die rekening nou nie meer bevries is nie, is daar nadat die diensverskaffer betaal is, nie genoeg geld oor om salarisse te betaal nie. Thapelo sê dis onseker wanneer salarisse betaal sal kan word, maar hulle hoop om ’n oplossing te vind terwyl die munisipaliteit nou onder administrasie is.

Die provinsiale regering het in Mei vanjaar aangekondig Tswaing en verskeie ander munisipaliteite in Noordwes gaan nou ook, soos vele ander in die provinsie, onder administrasie geplaas word.

Kagiso Mangwejane, DA-koukusvoorsitter in Tswaing, sê die diensverskaffer wat nie betaal is nie, het die munisipaliteit se rekening laat bevries toe Tswaing ondanks ’n hofbevel om die rekening te betaal dit steeds nie gedoen het nie.

Mangwejane sê die DA soek nou antwoorde van die munisipaliteit oor hoekom die hofbevel verontagsaam is. “Mediese fonds- en pensioenfondsbydraes, asook die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), kan nou weer eens nie betaal word nie.”

Mangwejane sê die probleme by Tswaing is weens kaderontplooiing in die munisipaliteit, wat veroorsaak dat personeel nie gekwalifiseerd en toegerus is om hul werk te doen en die gemeenskap te dien nie.

Toe die provinsiale regering Tswaing in Mei onder administrasie geplaas het, het hulle gesê dis weens swak administrasie en regering wat onder meer gelei het tot ’n ineenstorting van dienslewering.

Volgens die Noordwes-regering is Tswaing tegnies bankrot en is hy weens kontantvloeiprobleme agterstallig met die betaling van mediese fonds- en pensioenfondsbydraes vir lede, asook begrafnispolisse.

Meer oor:  Delareyville  |  Sannieshof  |  Ottosdal  |  Personeel  |  Munisipale Skuld  |  Munisipaliteite  |  Betaling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.