Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Tygerberg weer veilig vir pasgebore babas

Pasgebore babas kan nou weer behandel word by die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad nadat ’n baba onlangs in dié hospitaal dood is en vier ander weens ’n weerstandige bakterie baie siek geword het.

Dr. Adri Bekker, ’n neonatoloog by die hospitaal, sê van die babas is in Desember huis toe gestuur omdat hulle veiliger daar sou wees, maar die hospitaal kan nou weer babas inneem.

Die siek babas is in isolasie behandel totdat hulle gereed was om huis toe te gaan.

Bekker het gesê die bestuur het al die moontlike gedoen om te keer dat die infeksie versprei na die ander babas. Daar is gemiddeld sowat 134 babas in die hospitaal.

Laticia Pienaar, woordvoerder van die hospitaal, sê in ’n verslag carbapenem-weerstandige Enterobacteriaceae (CRE) kom gewoonlik in hospitale voor en babas met ’n lae gewig by geboorte is veral in hul eerste 28 dae baie vatbaar vir infeksie.”

Sy sê die hospitaal het die situasie ingevolge protokol hanteer en geen babas is sedert 2 Januarie besmet nie.

Die infeksie is volgens Pienaar nie net in Suid-Afrika ’n groot uitdaging vir gesondheidsdienste (staatshospitale en privaat) nie, maar oor die wêreld heen.

Die baie pasgebore babas wat by die hospitaal opgeneem is, het bygedra tot die verspreiding van die infeksie.

Voorsorgmaatreëls wat ook deur die hospitaal getref is, sluit in:

  • Bykomende verpleegpersoneel is ingespan en verpleeg- en skoonmaakpersoneel, wat reeds by die hospitaal gewerk het, het oortyd gewerk.
  • Intensiewe infeksiebeheer en die skoonmaak van die hospitaalomgewing, kliniese toerusting en broeikaste;
  • Besoekers en studente se toegang tot die betrokke gebiede is beperk; en
  • Alle babas in die hospitaal is getoetse vir mikro-organismes.

Toe die aangetaste babas ontslaan is, is berading gegee aan die ouers en versorgers.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Veiligheid  |  Siek  |  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.