Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Valke slaan toe op George-munisipaliteit

Die Valke het Dinsdag op die George-munisipaliteit toegeslaan en op dokumente en elektroniese toerusting beslag gelê.

Die ondersoekeenheid het ook in April ’n klopjag by die munisipaliteit uitgevoer as deel van ’n ondersoek na beweerde onreëlmatighede met die verkryging van tenders en prosedures.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, hou Dinsdag se klopjag egter verband met ’n nuwe ondersoek na beweerde bedrog en korrupsie wat spruit uit die beweerde versuim om voorgeskrewe prosesse te volg in die vul van ’n vakante pos.

Die munisipaliteit se kantoor, asook die huise van mense van belang in die ondersoek, is Dinsdag deursoek. Hul name is egter nie bekend gemaak nie.

Albei ondersoeke duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

James-Brent Styan, woordvoerder van Anton Bredell, die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê die departement is bewus van die klopjag.

“Sover ons kennis strek, is daar op die rekenaars en selfone van sekere administratiewe personneellede beslag gelê. Dit is ’n nuwe ondersoek en hou sover ons weet nie met ’n vorige ondersoek verband wat die minister 18 maande gelede aangevra het nie. Dié ondersoek word tans deur die nasionale vervolgingsgesag hanteer.”

Styan het verdere navrae na die Valke verwys.

Meer oor:  George-Munisipaliteit  |  Valke  |  George  |  Klopjag  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.