Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Valke slaan toe op man wat munisipaliteit glo bedrieg

Een van die mans wat die Ga-Segonyana-munisipaliteit in Kuruman in die Noord-Kaap onlangs na bewering met R2,5 miljoen ingeloop het, verskyn na verwagting Dinsdag in die dorp se landdroshof.

Die 51-jarige man is Sondagaand deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdade in Berea, Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy sal op aanklag van bedrog in die hof verskyn.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, het vroeër gesê twee mans is gesoek weens bedrog van die R2,5 miljoen wat die Ga-Segonyana-munisipaliteit aan ’n diensverskaffer moes betaal het.

Tshenelo Company, die diensverskaffer, het ’n tender bekom en die werk afgehandel. Die mans het egter na bewering Tshenelo Company se bankbesonderhede verander en het selfs ’n bewys van eienaarskap en ’n beëdigde verklaring na die munisipaliteit geneem om die bankbesonderhede op sy stelsel te verander. Die munisipaliteit het daarna die geld by ’n vals bankrekening inbetaal.

“Die bedrogspul het eers later aan die lig gekom toe die maatskappy sê hy is nie vir sy dienste vergoed nie,” het Mnisi vroeër gesê.

Mnisi sê hulle is op die spoor van die tweede verdagte, wat vermoedelik ook in Johannesburg is en volg leidrade op.

Meer oor:  Valke  |  Kuruman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.