Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vanrhynsdorp sonder krag weens probleem met substasie

Vanrhynsdorp se krag sal minstens nog tot Saterdag af wees weens herstelwerk aan ’n substasie van Eskom.

Die Matzikama-munisipaliteit aan die Weskus het Vrydag teen 14:45 bevestig dat die krag ten minste nog 36 uur af sal wees, terwyl Eskom “onverpoos aan die probleem werk”.

Inwoners het teen dié tyd al in reaksie op die munisipaliteit se Facebook-blad geskryf dat die krag reeds sowat 15 uur af is op die dorp.

Volgens die munisipaliteit het Eskom bevestig dat slegs Vanrhynsdorp geraak word.

Die kragonderbreking raak egter ook twee rioolpompe, een op die dorp en een by die gevangenis, en munisipale vragmotors is ontbied om intussen die riool te pomp.

Vrydag om 06:20 het die munisipaliteit inwoners onder meer op Facebook in kennis gestel dat daar “groot probleme” met Eskom se substasie is en die kragonderbreking vir ’n dag of twee kan duur.

Een van die inwoners het toe gesê wanneer die krag af is, werk die rioolpomp van die gevangenis nie en dan loop die riool oor op die grond. Dan moet die munisipaliteit se vragmotors dit kom uitpomp en wegry.

Die departement van energie het in Julie 2012 met ’n besoek aan Vanrhynsdorp die substasie van 10 megavolt-ampère (MVA) bekend gestel, wat gehelp het om 545 nuwe huise vir die eerste keer te elektrifiseer.

Dié stasie en elektrifiseringsprojek het R6 miljoen gekos.

Meer oor:  Eskom  |  Substasie  |  Skade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.