Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Versekeraars help Jhb om slaggat-herstel te bestuur

Die Johannesburgse metro het hande gevat met die private sektor om die herstel van slaggate in die metro te bestuur. Geoff Makhubo, burgemeester, het Vrydag saam met die Dialdirect en Discovery Insure die slaggat-patrollie-projek van stapel gestuur waarin onder meer data van die versekeringsmaatskappye gebruik sal word.

Van links is Bradley du Chenne van Dialdirect, Geoff Makhubo, burgemeester van die Johannesburgse metro, en Anton Ossip van Discovery Insure met die bekendstelling van die slaggat-patrollie.

Die slaggat-patrollie begin op Maandag 3 Mei. Paaie wat gereeld gebruik word, word geprioritiseer omdat dit meer gebruikers raak en dus tot meer skade lei, sê die drie vennote in ’n gesamentlike verklaring.

Terselfdertyd word ’n slimfoon-app ontwikkel waar inwoners slaggate sal kan aanmeld wat geprioritiseer sal word vir herstelwerk, sê Anneli Retief, hoof van Dialdirect, in die verklaring.

Dialdirect en Discovery Insure stel ook die data wat hulle insamel oor hoe voertuie bestuur word – en waaruit padtoestande afgelei kan word – aan die program beskikbaar.

Makhubo het die vennootskap verwelkom en sê dit is presies wat nodig is om ’n oplossing te vind vir die “plaag van slaggate” in die metro.

“Dit is belangrik om daarop te let dat weens die uitgestrektheid van die stad se infrastruktuur en die agterstand wat om verskeie redes met verloop van tyd ontstaan het – waaronder ’n toename in padverkeer en verslegtende weersomstandighede – dit moontlik tyd kan neem om ’n slaggat te herstel,” het Makhubo gesê.

Anton Ossip, uitvoerende hoof van Discovery Insure, sê hulle is trots daarop dat hulle die Johannesburgse Padagentskap kan bystaan om paaie vir almal veiliger te maak.

Meer oor:  Discovery Insure  |  Dialdirect  |  Slaggate  |  Versekeraars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.