Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Versoekskrif oor raadsvergadering na speaker

Drie dae voor die datum waarop ’n spesiale raadsvergadering versoek is om ’n nuwe burgemeester vir die Nelson Mandelabaai-metro te verkies, het die speaker nog nie uitsluitsel oor die vergadering gegee nie.

Tshonono Buyeye, waarnemende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Lulama Zenzile

Meer as die helfte van die metroraadslede het op 8 Junie ’n versoekskrif vir die spesiale raadsvergadering onderteken, waarna dit aan Buyelwa Mafaya, die speaker, se kantoor oorhandig is.

Die 61 raadslede wat die versoekskrif onderteken het, bestaan uit lede van die DA, ACDP, Cope en UDM.

Volgens Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, word die speaker hierdeur wetlik verplig om die spesiale raadsvergadering te belê wat vir 25 Junie versoek is.

“Ondanks hiervan het ons nog geen bevestiging (van die vergadering) ontvang nie,” het Bhanga Maandag in ’n verklaring gesê.

Mafaya het Maandag by navraag ontvangs van die versoekskrif bevestig. Sy kon egter nie sê of die vergadering sal voortgaan nie, maar het voorgeneem om voor Woensdag ’n antwoord te verskaf.

Nqaba Bhanga
Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap. Foto: Cara-Lee Dorfling

Bhanga sê egter indien Mafaya nie die spesiale raadsvergadering belê nie, sal die ondertekenaars van die versoekskrif Donderdag met die raadsvergadering voortgaan.

Die metro se burgemeesterstoel is sedert Desember leeg nadat Mongameli Bobani, ’n UDM-raadslid, by wyse van ’n wantrouemosie uit sy amp onthef is.

Tshonono Buyeye, adjunkburgemeester, het tydelik die leisels by hom oorgeneem.

Bhanga het Maandag gesê die Wet op Munisipale Strukture stel dit duidelik dat dit verpligtend is om die vakante burgemeestersamp te vul.

“Alle besluite wat deur ’n ‘tussentydse’ burgemeester geneem word, kan dus moontlik as onwettig beskou word en onderhewig aan ’n wettige ondersoek wees.”

Bhanga sê hy het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, skriftelik versoek om in te gryp deur te verseker dat die speaker haar verpligtinge nakom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.