Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vertel saam aan Mosselbaai se geskiedenis

’n Beroep word gedoen op inwoners van Mosselbaai in die Suid-Kaap om hul kontakbesonderhede aan hul naaste biblioteek te verskaf vir ’n inisiatief om die stories van gemeenskappe oral in die Wes-Kaap te dokumenteer.

Die inisiatief is vroeër deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake van stapel gestuur om gemeenskappe se geskiedenis te dokumenteer.

Die inisiatief sal op 3 Desember in Mosselbaai bekend gestel word, sê Rowena Hendricks, munisipale woordvoerder, op die Mosselbaaise munisipaliteit se WhatsApp-groep. Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, sal die geleentheid bywoon.

Inwoners van Mosselbaai wat aan die inisiatief wil deelneem word gevra om hul kontakbesonderhede aan hul naaste biblioteek te verskaf sodat die Wes-Kaapse biblioteekdienste hulle kan kontak. Daar word beoog om die stories van Mosselbaai se munisipale gebied op video vas te lê en DVD’s oor die geskiedenis te maak. Mense kan hul stories in hul eie taal skryf en geen veranderinge sal aan die storie aangebring word nie.

“Die idee is om die geskiedenis van Mosselbaai vir toekomstige generasies vas te lê,” sê Hendricks.

Duplikate sal in biblioteke en museums beskikbaar wees.

Volgens die departement is die inisiatief onder meer om maatskaplike inklusiwiteit in gemeenskappe in die provinsie te bevorder.

Die inisiatief is reeds in dorpe soos George van stapel gestuur.

Meer oor:  Anroux Marais  |  Mosselbaai  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.