Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vloede raak veral nuwe, onwettig besette gebiede in Kaap

Ongeveer 300 inspeksies is reeds deur die Kaapstad-metro in informele nedersettings uitgevoer om die skade van die onlangse swaar reën te bepaal.

Die metro het ook al ongeveer 2 500 hulppakkies uitgedeel.

Luidens ’n verklaring van die metro raak die vloede meestal nuwe gebiede wat onwettig beset is op laagliggende grond.

“Die meeste van die ouer, bestaande gebiede wat voor die aanvang van die winterreënval as ’n hoë risiko beskou is, maar waar maatreëls getref is, is van die ergste oorstromings gespaar,” lui die verklaring.

Materiale wat aan vloedslagoffers gegee word om hul blyplekke te herstel. Foto: Luthando Tyhalibongo

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, sê by 70% van al die nuwe besette gebiede is maatreëls teen vloede nie haalbaar nie.

Hy sê hierdie gebiede kom veral in Mfuleni, Kraaifontein, Dunoon en Khayelitsha voor.

“Die toename in onwettige besettings sedert die begin van die nasionale staat van inperking verlede jaar veroorsaak ernstige uitdagings en ons kan dit sien as ons kyk waar die oorstromings plaasvind,” sê Booi.

Hy sê diegene wat die onwettige besettings gelei het, is nou nêrens te vinde nie noudat die gevolge van hul aksies gesien kan word.

“Ons het mense gedurig gewaarsku oor die gesondheid- en veiligheidsrisiko’s verbonde aan die onwettige besetting van ongeskikte, laagliggende grond,” sê Booi.

Netwerk24 het voorheen berig ongeveer 6 000 mense is deur die oorstromings geraak.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê die metro help steeds om slote te grawe en kanale te bou waar moontlik om die vloedwater weg te lei. Daar word ook raad gegee aan die inwoners oor hoe om die risiko van oorstromings te verminder in afwagting van verdere reënval wat in die res van die winterseisoen verwag word,” sê Smith.

Meer oor:  Oorstromings  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.