Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Voetganger getref: ‘Moenie oor busbane loop’

Nadat ’n MyCiti Express-bus Dinsdagoggend ’n 20-jarige voetganger in Milnerton raakgery het, het die Kaapstad-metro mense gemaan om nie oor die rooi busbane te stap nie, maar net voetgangeroorgange te gebruik om die pad oor te steek.

Die man is ernstig beseer in die voorval wat om 07:10 Dinsdagoggend naby die verkeerslig by Woodbrigde Island gebeur het. Hy is na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

“Die man het volgens ’n ooggetuie oor die rooi busbaan geloop terwyl hy sy selfoon gebruik het,” se Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid van vervoer, in ’n verklaring.

“Ek wil nogmaals herhaal dat die metro die veiligheid van ons inwoners eerste stel, ook dié van voetgangers. Ek het simpatie met die voetganger, asook met die busbestuurder wat by hierdie voorval betrokke was,” se Purchase.

“Ek doen weereens ’n beroep op voetgangers om asseblief net die paaie en kruisings by die gemerkte voetoorgange oor te steek, en net as die groen man flikker. Moet nie die rooi busbane oorsteek nie.”

Die bestuurder is baie geskok, maar dit gaan goed onder die omstandighede.

Volgens Purchase is die bestuurder baie geskok, maar dit gaan goed onder die omstandighede.

“Busbestuurders moet by die aangeduide snelheidsperk hou, daarom is alle MyCiTi-busse toegerus met elektroniese toerusting om die spoed te kan monitor,” sê sy.

Die ongeluk was binne ’n 3 km-radius van die voorval in Augustus toe Maretha van Dyk (27), ’n onderwyseres van Laerskool van Riebeeckstrand, ook deur ’n MyCiti-bus raakgery is.

Die voorval het naby Sunset Beach gebeur. Die metro het na dié voorval gesê die operateurs wat die Express-busdienste bestuur, word ook ingevolge hul kontrakte gepenaliseer as een van hul bestuurders hulle aan roekelose bestuur skuldig maak, of daar bevind word dat hulle nie die verkeersreëls en regulasies nagekom het nie.

“Klagtes van roekelose bestuur of spoedoortredings word deur die stad ondersoek vir moontlike boetes teen die betrokke verskaffer,” het die metro toe gesê.

“Volgens hul kontrakte met die metro moet die diensverskaffers ook by die metro verslag doen oor die uitslag van tugstappe teen werknemers.”

Bestuurders kan afgedank word vir growwe nalatigheid, diefstal van sake-eiendom, ongelukke waarvoor hulle die blaam dra, afwesigheid, dronkbestuur en bestuur sonder die wettige lisensie.

MyCiTi-busbestuurders moet volgens vereistes ’n geldige rybewys, ’n geldige professionele bestuurspermit en ’n vaardigheidsertifikaat hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.