SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Vonke spat tussen Eskom, Mangaung

Eskom sê dit is sy plig om die gemeenskap vroegtydig in te lig wanneer hy ’n munisipaliteit se krag gaan afsny en dat hy dit nie doen om paniek te saai soos wat die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) in ’n mediaverklaring sê nie.

Eskom sê hy is baie teleurgesteld met die mediaverklaring wat deur die MMM uitgereik is nadat die LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Skully Nxangisa, met Eskom en die MMM vergader het.

Eskom sê die MMM se verklaring is misleidend en vol feitefoute.

Die MMM beweer onder meer in die verklaring dat Centlec nie vir Eskom geld skuld nie en dat sy lopende rekening op datum is.

Eskom sê hy verwerp dié stelling, want die MMM betaal reeds sedert Augustus vanjaar sy rekening laat.

Die metro se rekening van R148 miljoen vir Oktober moes op 16 November betaal gewees het terwyl daar ’n verdere R21 miljoen vir meer as 90 dae uitstaande is.

Volgens wet moet die metro sy rekening binne 15 dae betaal.

Dit volg nadat Eskom die week kennis gegee het dat hy die Mangaung-metro asook die Mantsopa- en Mafube-munisipaliteit weens wanbetaling gaan afsny.

Eskom sê hy is geensins spyt hy het die inwoners van die drie munisipaliteite ingelig oor sy beplande optrede nie en dat hy dit nie, soos die MMM beweer, gedoen het om paniek te saai nie.

Eskom sê verder dat indien daar nie teen 29 November ’n ooreenkoms bereik is tussen hom en die MMM nie, hy op 3 Desember sal begin met beplande onderbrekings.

Nxangisa sê Eskom en die munisipaliteite sal nuwe afbetalingsooreenkomste aangaan.

Vrystaatse munisipaliteite skuld Eskom R9,8 miljard.

LEES OOK: Eskom gaan nie meer drie VS-rade se krag sny nie 

Meer oor:  Elektrisiteit  |  Eskom  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.